Skrywer gesels môreaand oor ‘asem van die wêreld’
Die Goethe Institut en die Namibië Wetenskapvereniging bied môreaand (1 Februarie) ’n openbare praatjie deur Stefan Bollmann, die skrywer van The Breath of the World - Johann Wolfgang Goethe and the Experience of Nature, aan.
Johann Wolfgang von Goethe is vandag nog hoofsaaklik bekend vir sy literêre werk, maar minder aandag word aan sy betrokkenheid by natuurnavorsing gegee. In The Breath of the World, ofte wel Der Atem der Welt in die oorspronklike Duits, neem Stefan Bollmann ons saam met die natuurkenner Goethe op ’n reis deur Italië, Switserland en so ver as die Harzberge. Op grond van sy waarnemings van die natuur en anatomiese ondersoeke wys Stefan Bollmann vir ons watter lesse en inspirasie ons vandag nog uit Goethe se sensoriese persepsie van die natuur kan put. Stefan Bollmann is 'n Duitse dosent en skrywer.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie