Skrywers delf diep in Namibië se geskiedenis

Iréne-Mari van der Walt
Die Namibia Book Market stel vandeesmaand twee boeke bekend wat die geskiedenis van Namibië onder die loep neem.

Lovisa Tegelela Nampala se Infrastructures of Migrant Labour in Colonial Ovamboland, 1915-1954 skyn ’n lig op die maatskaplike en tradisionele hulpbronne wat trekarbeiders in Ovamboland onder koloniale bewind gemobiliseer het. Dit is die teenoorgestelde van verskeie geskiedkundige rekords wat oor die algemeen die onmenslike aspekte beklemtoon.

Die boek, wat gebaseer is op mondelingse navorsing, ontleed die ontasbare stelsels wat kontrakwerkers bygehou het, insluitend waarnemings van sterftes in die werksplek.

Die boek handel breedweg oor die praktyke wat gemeenskappe in tye van stres bymekaar gehou het (toe trekarbeiders ver van die huis af gewerk het) en hoe hierdie werkers aangepas het by stelsels wat met kolonialisme gekom het, soos die posstelsel.

Lovisa Tegelela Nampala is tans die skoolhoof van die Gekombineerde Skool Uukelo in die Ohangwenastreek. Sy het ’n doktorsgraad in geskiedenis aan die Universiteit van Wes-Kaapland verwerf met haar tesis waaruit die boek bestaan.

Die boek word vanaand by die nasionale biblioteek bekend gestel.



‘BEDELAARS IN ONS EIE LAND’

Dr. Willem Odendaal se Beggars on our own land. . . word eerskomende Dinsdag by die Wetenskaplike Vereniging van Namibië bekend gestel.

Die boek handel oor die uitsetting van die Hai||om uit die Etosha Nasionale Park in 1954 onder Suid-Afrikaanse administrasie.

Die Hai||om het in 2015 ’n aansoek in die hoërhof gebring. Die vraag oor die regsprosedures wat die Hai||om kan volg om Namibië se howe te nader om vergoeding te eis, is die spilpunt van hierdie boek.

Odendaal kyk onder meer na die tekortkominge met betrekking tot geskiedkundige grondonteiening in Namibië se plan vir grondhervorming en bevind dat Namibië se wetlike raamwerk beperkend en verouderd is en dat dit ’n rol in die Hai||om se aansoek in die hoërhof gespeel het.

Odendaal het ’n doktorsgraad in regte van die Universiteit van Strathclyde in Glasgow, Skotland, en werk tans saam met plaaslike gemeenskappe in Namibië oor kwessies verwant aan mense-, grond- en omgewingsregte.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!