Solo-uitstalling open eersdaags by NAA
Kunstenaar wil geluk vier
Die uitstalling, wat hoofsaaklik uit beeldhouwerk en drukwerk bestaan, is Elisia Nghidishange se vierde solo-uitstalling.
Die Namibiese Kunstevereniging (NAA) en die StArt Art-galery bied binnekort die solo-uitstalling Ehafo deur Elisia Nghidishange aan.
Hierdie uitstalling open amptelik op 13 September by die NAA se uitstalruimte en almal is welkom om dié geleentheid by te woon.
Op 22 September sal die kunstenaar in die uitstalruimte werk, wat besoekers sal toelaat om haar kreatiewe proses persoonlik waar te neem. Nghidishange sal dieselfde dag om 18:00 ’n begeleide toer van die uitstalling aanbied, waar sy die gehoor self meer oor haar werke sal vertel.
Ehafo is Nghidishange se refleksie op die swaarkry van die afgelope paar jaar – beide ekonomies en gesondheidsverwant. Die doel van dié uitstalling is om geluk te vier en ‘n glimlag op enigiemand wat dit sien se gesig te sit. Hierdie uitstalling, wat hoofsaaklik uit beeldhouwerk en drukwerk bestaan, is die kunstenaar se vierde solo-uitstalling.
“My kunswerke is bedoel om verskillende aspekte van tradisionele en kontemporêre situasies uit te beeld en te reflekteer. Die idees en konsepte wat ek kies om mee te werk, is dié wat my die perfekte konteks gee waarin ek my materiaal kan gebruik – wat dit vir my makliker maak om die medium te manipuleer en die kunswerke konseptuele betekenis te gee, terwyl ek my diep geestelike gevoelens uitdruk en die onverwagte skoonheid van elke uitkoms geniet,” vertel Nghidishange oor haar werk.
Die kunstenaar is op Eenhana in die noorde van Namibië gebore. Sy gebruik drukkuns, beeldhou en gemengde media as kunsmediums en het in 2016 aan die Kollege van die Kunste (Cota) in Windhoek gegradueer.
Nghidishange het aan verskeie plaaslike groepuitstallings deelgeneem, en in 2017 het sy haar eerste solo-uitstalling getiteld “The Cost of Wealth” by die Goethe-Instituut in die hoofstad aangebied.
Oor haar artistieke proses sê Nghidishange: “Ek is geïnspireer deur die materiaal wat van kleins af deel van my lewe was.”
Deur te werk met motiewe wat deur die menslike figuur, koeihorings en volstruiseierdopkrale geïnspireer is, neem Nghidishange se werk ook verhoudings tussen die strewe na rykdom en die plek van tradisie in ‘n kontemporêre en kosmopolitiese samelewing, en tussen geslag en tradisie in hierdie konteks, onder die loep.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie