Honderde partytjiegangers het verlede jaar se Sound of Summer-geleentheid bygewoon. Foto Verskaf
Honderde partytjiegangers het verlede jaar se Sound of Summer-geleentheid bygewoon. Foto Verskaf

Sound of Summer is hier!

Shaldon Johannes
“Die verhoog is gedek om ’n meesleurende ervaring te bied waar die warmte van die seisoen verweef word met die ritme van die musiek.”

So sê die bemarkingsdirekteur, Talitha Ellis, van die sesde Savanna Sound of Summer wat vandag by Langstrand se getypoel aangebied word.

“Benewens die magiese hoofverhoog, word ’n nuwe amapiano-verhoog belowe om die musikale ervaring selfs nóg meer op te skerp. Die kosstalletjies en kroeë is opgegradeer en mense kan ’n onvergeetlike dag verwag, gevul met kulinêre genot van ervare sjefs en ’n reeks bekende platejoggies wat oor verskeie genres strek – beide plaaslik en internasionaal.”

Die organiseerders wil ’n opwindende wêreldklas-geleentheid vir Namibiërs en internasionale gaste bied.

Met ’n belegging van bykans N$4 miljoen het die geleentheid ’n beduidende bydraer tot die plaaslike ekonomie geword. Meer as 250 mense word vir die geleentheid in diens geneem en verskeie besighede word ook ondersteun.

Kaartjies kan by www.howler.co.za gekoop word.

Kommentaar

Republikein 2025-04-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer