Sound of Summer is terug

Yandi Du Plessis
Een van die grootste vakansiefeeste in Namibië, Sound of Summer, sal op 28 Desember na die kus terugkeer nadat dit die afgelope twee jaar afgestel moes word weens die Covid-pandemie.

Die strandfees sal vanaf 11:00 tot 23:00 op Langstrand plaasvind.

Carel-David Rautenbach, een van die organiseerders, sê die doel is om weer een van Namibië se gunsteling-musiekfeeste aan te bied en ‘n uitsonderlike ervaring aan feesgangers te bied deur hulle aan opwindende platejoggies en verhoog-ervarings bloot te stel.

“Ons wil meer doen as net ‘n partytjie aanbied, ons wil ook bydra tot die ekonomie en die omgewing. Ons het meer as 200 mense per geleentheid in diens en ondersteun baie plaaslike besighede. Verder is ons baie omgewings- en maatskaplik bewus en maak dus die strand voor, tydens en na die geleenthede skoon. Ons verskaf ook gratis buspendeldienste tussen Walvisbaai en Swakopmund as ‘n veilige alternatief om te verhoed dat mense onder die invloed bestuur.”

Namib Rage Events, wat dié geleentheid asook die gewilde Beach Bash organiseer, neem dinge vanjaar na die volgende vlak deur ekstra moeite in die vorm van laservertonings en spesiale beligtingseffekte te doen.

“Verder het ons ‘n Techno BBP-afdeling by die geleentheid gevoeg met ‘n aparte verhoog en ontspanningsarea, ‘n opwindende verhoog waar plaaslike en internasionale DJ’s sal optree en ‘n wonderlike venue met eindelose energie tesame met kroeë en kosstalletjies.”

Kaartjiepryse begin by N$200 per persoon vir algemene toegang, N$500 per persoon vir BBP-toegang en N$2 500 vir BBBP-toegang. Kaartjies is aanlyn by howler.co.za beskikbaar of besoek www.namibrage.com vir meer inligting.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-12-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 20° | 34° Eenhana: 20° | 32° Oshakati: 22° | 31° Ruacana: 21° | 33° Tsumeb: 21° | 32° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 22° | 32° Gobabis: 19° | 33° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 16° | 23° Rehoboth: 24° | 34° Mariental: 24° | 36° Keetmanshoop: 25° | 37° Aranos: 21° | 34° Lüderitz: 16° | 27° Ariamsvlei: 25° | 39° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 18° | 23° Lubumbashi: 17° | 31° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 15° | 31° Antananarivo: 17° | 34° Lilongwe: 23° | 34° Maputo: 21° | 29° Windhoek: 22° | 32° Cape Town: 18° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 21° | 31° Harare: 19° | 29° #REF! #REF!