Foto Irene-Mari van der Walt
Foto Irene-Mari van der Walt

Spoegwolf se Droombrief aan Namibië

Henriette Lamprecht
“Toe ek jou ontmoet, het die vloer gestyg...” Spoegwolf se Danie (hoofsanger) en Moskou du Toit (dromme), Albert van der Merwe (baskitaar) en Chris von Wielligh (kitaar en klavier) het Saterdagaand as deel van die FNB Windhoek Woordfees die skoolsaal by WHS se dak laat lig en die vloer laat bewe. Die uiters gewilde groep het letterlik alles op die verhoog gegee met hul treffers wat gewissel van Elektriese Kind, Storm tot Bittermaan en Vergeet met die entoesiastiese gehoor wat keer op keer woord vir woord saamgesing het. Spoegwolf was vol lof vir Namibiërs se gasvryheid en ondersteuning en uit die mond van hoofsanger Danie “ons trek môre!”

Kommentaar

Republikein 2025-04-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer