Stef Bos is op 1 en 2 Maart in Namibië.
Stef Bos is op 1 en 2 Maart in Namibië.

Stef Bos eersdaags in Namibië

Iréne-Mari van der Walt
Hy is jare reeds ’n legende in die Afrikaanse vermaakbedryf, juis omdat hy universele boodskappe in sy moedertaal, Nederlands, deel. Die legendariese Stef Bos tree op 1 en 2 Maart in Windhoek en Swakopmund by vanjaar se Windhoek Woordfees op.

Die vermaaklikheidsgogga het hom gebyt nadat hy op skool aan kabaret blootgestel is.

In 1984 begin hy sy teateropleiding in Antwerpen. Dit is hiér waar Bos se biografie op sy webwerf sê die liedjieskrywer gebore is.

Hy begin sy loopbaan as ’n skrywer van sketse en liedtekste vir ’n satiriese radioprogram De Ochtendploeg en slaan ook ’n klein rol op televisie los.

Ná die Nederlandse sanger Ingeborg Bos se liedjie “Door de wind” in 1989 by die Eurovision-kompetisie gesing het, het Bos die platevervaardiger Hans Kusters ontmoet wat voorgestel het dat hy ’n album van sy eie opneem.

Sy eerste enkelsnit “Is dit nou later” is die volgende jaar vrygestel en sy album met dieselfde naam was suksesvol in Nederland en België, waar hy verskeie toekennings gewen het.

Sy eerste ware treffers “Papa” en “Breek de Stilte” het op dié album se vrystelling gevolg.

Bos se tweede album Tussen de liefde en de leegte het in 1992 gevolg voor hy begin reis het. Voor hy in Suid-Afrika die liedjie “Sy wil dans” met Johannes Kerkorrel en Thandi Klaasen opgeneem het, het hy na Wes-Afrika gereis.

Sy tweede album Tussen liefde en leegheid (1992), wat deur Boudewijn de Groot vervaardig is, bevat liedjies soos “Ek is lief vir jou”, “My stad”, “Die rivier” en “Tussen liefde en leegheid”. “Sy wil dans” is in Nederlands, Afrikaans en !Xhosa opgeneem.

Sy ervarings oor grense heen het sy derde album Vuur (1994) geïnspireer.

Hy het daarna die album Together as one saam met Thandi Klaasen (legendariese Xhosa jazzsanger in Suid-Afrika) vrygestel. Voor dit het hy liedjies saam met legendes soos Hugh Masekela, Abigail Kubeka en The African Jazz Pioneers opgeneem.

Gedurende die 1990’s het die invloed van Afrika in sy Europese klanke begin deurskemer, veral in sy albums Schaduw In De Nacht (1996), De Onderstroom (1997) en Zien (1999). Na die draai van die millenium reik hy nog 18 albums uit waarvan Bloemlezing (2020) en Bitterlief (2023) van die nuutstes is.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!