Stef Bos is Bitterlief
Die woordkunstenaar en liedjieskrywer Stef Bos besoek Namibië aan die begin van Maart.
Vir meer as sestig jaar betower Stef gehore in die Lae Lande en in Suider Afrika met musiek en woord. Hierdie veel bekroonde sanger en teaterkunstenaar het ʼn besondere verhouding met Suid-Afrika en woon deels in die Kaap met sy Suid-Afrikaanse vrou en hul kinders. Sy musiek bevat elemente van verskeie kulture en die treffer “Zij wil dansen” is saam die legendes Johannes Kerkorrel en Thandi Klaasen opgeneem. Hy tree gereeld op tydens musiek- en woordfeeste en is met ʼn Fiësta bekroon vir die beste musikale teaterproduksie op Aardklop. Oor sy vertoning Bitterlief het resensente die volgende te sê gehad: “Van begin tot einde het Stef die gehoor in sy greep, dikwels asemrowend stil met af en toe 'n skaterlag. Liedjies soos 'De weg' en 'Jy lewe net een keer' is sterk emosioneel. Die tekste is almal juwele, geskryf deur 'n ware woordkunstenaar. Aangesien Stef Bos ook die nodige sin vir humor het, bly die uitvoering goed gebalanseerd.”
Stef tree 1 Maart in die NG-Kerk Eros in Windhoek op, en op 2 Maart in die NPS Aula in Swakopmund.
Kaartjies is vanaf môre (1 Februarie) aanlyn beskikbaar by eticket.my.na of by Republikein se kantore in Windhoek (General Murtala Muhammed Rd) en Swakopmund (Platz am Meer). Kaartjiespryse is N$250 vir volwassenes, N$200 vir pensioenarisse, en N$ 100 vir kinders onder 12.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie