Steun Oekraïne deur sonneblomkuns

Sluitingsdatum vir inskrywings is 21 Februarie
'n Uitstalling met "sonneblomme" as tema word vanaf 24 Februarie tot 24 Maart by Cosdef op Swakopmund aangebied.
Yandi Du Plessis
Nikanor Nangolo - Jy kan Oekraïners bystaan deur kunswerke te koop wat deur Namibiese kunstenaars geskep is vir die Sunflowers Show-kuns en ontwerp-uitstalling.

Dié uitstalling met “sonneblomme” as tema word vanaf 24 Februarie tot 24 Maart by die kuns- en kunsvlytsentrum van die stigting vir die ontwikkeling van gemeenskapsvaardighede (Cosdef) op Swakopmund aangebied.

Almal is welkom om die openingsaand op 24 Februarie vanaf 17:00 by te woon. Die uitstalling sal ook ’n veiling, lotery, pryse, wyn asook kos insluit wat by die restaurant Memphis BBQ & Blues beskikbaar sal wees.

Olga Nesterenko, die organiseerder van die geleentheid en oorspronklik van die stad Zaporozhye in Oekraïne, het verduidelik die doel is om ’n gemeenskap van kunstenaars bymekaar te bring om in solidariteit met die Oekraïense mense te staan.

“Hierdie is ’n opwip-groepuitstalling wat fokus op die sonneblommotief wat kunstenaars deur hul eie perspektiewe kan interpreteer. Die sonneblom, of ‘soniashnyk’ in Oekraïens, het nuwe lae van betekenis aangeneem deur na vore te kom as ’n wêreldwye simbool van weerstand, eenheid en hoop. Ons versamel kunswerke van alle soorte (nuut, tweedehands, geraam en ongeraam). Jy kan kunswerke skenk en 100% van die opbrengs gaan na humanitêre en mediese hulp. Jy kan ook jou werk verkoop en die opbrengs sal eweredig tussen die kunstenaar en die liefdadigheidsinisiatief verdeel word. Ons is oop om jou voorstelle te bespreek. Jou kunswerk kan op versoek anoniem uitgestal word.”

Die sluitingsdatum vir inskrywings is op 21 Februarie.

Nesterenko het bygevoeg met die groeiende gewildheid van die kunsbedryf in Namibië, kan dié uitstalling beslis ’n wonderlike geleentheid vir blootstelling wees.

“Hierdie sal groot internasionale erkenning, blootstelling, waardering vir jou kreatiwiteit en ’n unieke ervaring bied. Jy kan gewildheid wen terwyl jy vir ’n goeie doel skenk. Jy stel jou vaardighede ten toon, ons stal jou kuns uit.”

Alle inskrywings sal op die geleentheid se Facebook-blad geplaas word. Die drie gewildste inskrywings sal die aand van die opening elk ’n prys ontvang.

Vir meer inligting, skakel 064 406 122, stuur ’n WhatsApp na 264 81 428 7144 of stuur ’n e-pos na [email protected].

Besoek ook die webblad https://nesterenko1302.wixsite.com/brave-people vir meer inligting oor dié inisiatief.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-12-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 21° | 34° Rundu: 20° | 28° Eenhana: 21° | 27° Oshakati: 24° | 29° Ruacana: 21° | 28° Tsumeb: 20° | 29° Otjiwarongo: 21° | 26° Omaruru: 22° | 31° Windhoek: 21° | 26° Gobabis: 21° | 31° Henties Bay: 16° | 22° Swakopmund: 17° | 19° Walvis Bay: 17° | 24° Rehoboth: 23° | 30° Mariental: 25° | 30° Keetmanshoop: 23° | 33° Aranos: 24° | 32° Lüderitz: 15° | 27° Ariamsvlei: 23° | 29° Oranjemund: 15° | 26° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 17° | 30° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 18° | 31° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 21° | 26° Maputo: 24° | 33° Windhoek: 21° | 26° Cape Town: 18° | 24° Durban: 21° | 29° Johannesburg: 17° | 27° Dar es Salaam: 27° | 32° Lusaka: 19° | 29° Harare: 18° | 25° #REF! #REF!