Swakopmunder Musikwoche vier jonges se talent
Die tienjarige Ayihe Shuukwanyama van Ongwediva het sewe dae in Swakopmund deurgebring en het klassieke musiek gemaak saam met ander leerlinge wat van regoor Namibië gereis het om deel te neem aan die jaarlikse Swakopmunder Musikwoche.
As een van die orkes se jong musikante was Shuukwanyama opgewonde om haar talente ten toon te stel en haar gunsteling instrument die viool te speel. Sy het saam met haar vioolonderwyser en vier ander leerlinge na Swakopmund gereis, met Shukwanyama wat daarna uitgesien het om op ’n groot verhoog op te tree.
"Soms is dit moeilik om die viool te speel, maar met ander tye kan dit baie maklik wees, afhangend van die note wat ek moet speel. 'n Truuk is om aan te hou speel as jy ’n fout maak en om later vir hulp te vra," sê sy.
Met Bank Windhoek as hoofborg het die Swakopmunder Musikwoche, wat 140 deelnemers vanjaar gehad het, inwoners van Swakopmund vermaak met hul klassieke vertonings van 6 tot 15 Desember 2024. Die byeenkoms het jong musikante die geleetheid gegee om hul vaardighede te wys, terwyl hulle saam met ervare musikante asook plaaslike en internasionale dirigente gewerk het.
Optredes het ’n orkes, koor en groepoptredes ingesluit.
Bank Windhoek se uitvoerende beampte vir bemarking en kommunikasie, Jacquiline Pack sê dit is noodsaaklik dat die jeug se kreatiwiteit aangemoedig word.
"Bank WIndhoek glo daarin om betekenisvolle en positiewe ervarings vir die jeug te skep. Soos hulle hul passie op ’n verhoog ten toon stel, word hulle bemagtig om positief by te dra tot hul gemeenskappe. Ons is trots op hulle groei en kreatiwiteit, wat jong Namibiërs verenig hou in die tentoonstelling van uitnemendheid," het sy gesê.
Organiseerder Ailly Namupala het tydens die opening van die eerste Sound Wave Wonderland-uitvoering gesê dat die geleentheid ’n opwindende reis is om die vlammetjie vir kuns en kultuur weer te laat opvlam.
"Bank Windhoek se reis saam met ons is krities om ons te bemagtig om lewe in ons visie te blaas. Hul verbintenis stel ons in staat om kuns en kultuur te vier. Dit inspireer ons om te streef na uitnemendheid in ons gemeenskappe," het sy gesê.
Voor die orkes met sy klanke betower het, het dirigent Hendi Krog gesê "dit was ’n voorreg om aan musiek te werk met al die kinders. Musiek berei ons voor vir baie aspekte van die lewe. Dit leer ons om nederig te wees, om in ’n span te werk, om uit te staan wanneer dit nodig is en om terug te staan wanneer ons moet."
Sy het ook gesê dat musiek ’n wonderlike geskenk is wat ouers vir hulle kinders gee om vorentoe in hul lewe te beweeg. Nadat hulle op ’n verhoog opetree het, het verskeie musikante gretig hul ervaring gedeel.
"Ons het vir so baie ure geoefen, maar ons het ’n meesterstuk saam geskep en nuwe vriende gemaak," het Krog gesê.
Ines Ramdohr (15) sê sy geniet dit om musiek te beoefen, omdat dit haar kalm laat voel. "Musiek gee my die moed om aan te hou. Ek moedig diegene aan wat in ’n orkes wil speel om dit te probeer, want jy sal nie spyt wees nie," het sy gesê.
Joel Shailemo (14), ’n fluitspeler, sê hy geniet dit om musiek te maak. "Musiek is ’n ander taal wat ek geleer is. Dit is ’n manier om heel te word en bring vir my geluk en kalmte"
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie