Reza van der Westhuizen, Mej. Biltongfees Tiener 2019, saam met haar twee prinsesse Muye Ruider en Kelly de Lange. Foto verskaf
Reza van der Westhuizen, Mej. Biltongfees Tiener 2019, saam met haar twee prinsesse Muye Ruider en Kelly de Lange. Foto verskaf

Swier en glans by Biltongfees

Die jaarlikse Biltongfees sal op 30 Julie sy beste voet voorsit met die Mej. Biltongfees Tiener- en Klein Mej. Biltongfees-skoonheidskompetisie.

Me. Sandra Loubser, organiseerder van die fees, sê belangstellendes wat aan die Mej. Biltongfees Tiener of Klein Mej. Biltongfees wil deelneem, moet spoedig hul inskrywings inhandig aangesien die inskrywings op 25 Julie sluit.

Die kompetisies word vanaf 11:00 tot 14:00 op die Biltongfees se verhoog aangebied.

Pryse vir die Mej. Biltongfees Tiener asook haar twee prinsesse, Mej. Fotogenies en die debutant word deur Varta en Remington geborg.

Klein Mej. Biltongfees en haar twee prinsesse, asook Mej. Fotogenies en Mej. Sweetie Pie sal ook pryse met ’n gesamentlike waarde van N$18 000 ontvang.

“Die gehoor het groot waardering vir die moeite wat die meisies met hul uitrustings doen en geniet die hele show,” sê Loubser.

Kommentaar

Republikein 2025-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer