Foto Facebook
Foto Facebook

Swingmusiek onder die sterre

Yandi Du Plessis
Die Goethe-Institut bied sy volgende Night under the Stars (NUTS)-geleentheid met elektro-swingmusiek op Vrydag 1 September aan. Die aand sal die Namibies-Oostenrykse sangeres, Yola B (Beate Baumgartner), verwelkom vir haar eerste amptelike vertoning in Namibië. Die voormalige sangeres vir Parov Stelar Band en Deladap sal haar gunsteling elektro-swingliedjies uitvoer wat geskryf en opgevoer is tydens haar tyd in Europa. Yola B sal begelei word deur Gareth Harvey op die saksofoon en Riaan Smit op kitaar. Maak seker dat jy Vrydagaand vanaf 19:00 by die musiekpret onder die sterre aansluit. Kaartjies is by die deur beskikbaar teen N$50.

Kommentaar

Republikein 2025-04-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer