Toerisme Ekspo vier plaaslike talent

Michael Kayunde
Verskeie kunstenaars sal by Namibia Media Holdings (NMH) se jaarlikse Toerisme Ekspo van 24 tot 26 April by die Windhoek Buitekluboord deel wees van die viering van Namibië se kultuurryke bevolking en musikale talente.

Namibië se gunsteling 'rocker chick' Savannah Collins maak weer haar buiging op die ekspo-verhoog, Carnival of Flames is terug met hul asemrowende toertjies met vuur en die gewilde The Ell's kom maak 'n musikale draai.

Vanjaar sluit een van die grootste name in Namibiese musiek, Lioness, by die ekspo-kunstenaars aan saam met Africa Djembe Drummers, Fire Drummer MJ007, die sangeres Patricia en nog meer.

NMH se woordvoerder, Maggy Mbako, sê vanjaar se Toerisme Ekspo fokus egter nie net op Namibië nie, maar ook die versterking van bande tussen die vyf lidlande van die Kavango-Zambezi Transfrontier Bewaringsgebied (KAZA), naamlik Namibië, Angola, Botswana, Zambië en Zimbabwe.

"KAZA-lidlande het baie om te deel. Met vanjaar se Toerisme-ekspo wil ons die grens as een pakket verkoop," verduidelik Mbako. Volgens haar is vanjaar se fokus op KAZA ˊn weerspieëling van die ekspo se breër doelwit om ˊn gevoel van eenheid en algemene doel onder die deelnemende lande te bevorder, asook om samewerking in bewaring en volhoubare toerisme aan te moedig.

Die besluit om slegs Namibiese kunstenaars se talente te vier, is ook in lyn met die ekspo se toewyding tot die bevordering en viering van plaaslike talent.

"Elke jaar probeer ons om kunstenaars te hê wat diverse kulture weerspieël, en hierdie jaar is geen uitsondering nie," het Mbako verduidelik. Dié benadering plaas nie net Namibiese kunstenaars in die kollig nie, maar dien ook as ˊn manier om die land se kulturele dinamika en sy rol in die breër Afrika-gemeenskap te vereer. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!