Trio Feminale vier die tango

Yandi Du Plessis
Die Trio Feminale, die bekende musikale trio van die kus, voer môreaand van Astor Piazzolla se tango’s in Windhoek op en op 19 Desember in Swakopmund.

Piazzolla, die seun van Italiaanse ouers, is in 1921 in Argentinië gebore en het in New York grootgeword. Sy groot passie was tangomusiek en die bandoneon, ’n soort konsertina wat in Argentinië gewild was.

Piazzolla word beskou as die “stigter” van die Tango Nuevo, aangesien hy die tango van kroeë en strate na konsertsale gebring het. Hy is in 1992 in Buones Aires dood.

Die Trio Feminale, wat bestaan uit Christa Lambrechts (viool), Susann Kinghorn (tjello) en Christiane Ast (klavier), bring op albei aande lewe aan Piazzolla se vurige, verlangende sonoriteit met komposisies soos “Four Seasons” (Quadros Estaciones), “Oblivion” en ander tango’s.

Albei aande word met Paquito D’Rivera se “Danzon” geopen.

Leo van Leo’s Garden Restaurant in Windhoek het hierdie spesiale aand moontlik gemaak deur ’n vleuelklavier vir die konsert te reël. Die deure open op 14 Desember om 18:00 en die konsert begin om 18:30. Daarna word ’n spesiale aandete voorgesit. Kaartjies kos N$300 en is vooraf by Leo by 081 398 9889 beskikbaar aangesien slegs 100 sitplekke beskikbaar is.

Op Maandag 19 Desember word die program in die Namib Primêre Skool Aula op Swakopmund aangebied. Die opening is ook om 18:00. Gellert Unlimited sal kaas- en vleishappies asook keurige wyne aanbied om ’n gesellige atmosfeer te skep voor die konsert om 19:00 begin. Kaartjies kos N$200 en kan by Rogl Souvenirs (064 405 814 of 081 124 1437) bespreek word. Kinders onder 14 betaal slegs N$80. Bestel asseblief vooraf ’n kaas-en-vleisbord teen N$80 sodat reëlings vir die regte hoeveelheid mense getref kan word.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!