Twaalfjarige vir Sotigui benoem

Michael Kayunde
Michael Kayunde – Die 12-jarige plaaslike akteur, Alejandro Cooper, is genomineer as die beste jong akteur by die 2024 Sotigui-toekennings vir sy rol in Philippe Talavera se rolprent Lukas.

Cooper is genomineer saam met Seydou Saar van Senegal (vir sy rol in Matteo Garone se Moi, Capitaine) en Ambjulla Ilboudo van Burkina Faso (vir haar rol in Christian Lara se I’homme au baton).

Talavera het in ’n verklaring gesê dit is die eerste keer dat ’n Namibiër in dié kategorie benoem word. Dit is ook Namibië se enigste Sotigui-benoeming vanjaar. Dit is ook die Ombetja Yehinga-organisasie (OYO) se tweede Sotigui-benoeming nadat Adriano Visagie die Sotigui-toekenning vir beste akteur vir Suider-Afrika in 2019 gewen het vir sy rol in Salute!.

Lukas volg die lewe van ’n seun wat vir 15 jaar op straat woon. Hierdie rol word gesamentlik deur Cooper, Hernandes Goanatgosi en Treazurique Titus vertolk.

Die rolprent is gebaseer op onderhoude wat gevoer is met 17 kinders en jongmense wat op straat woon en vier jongmense wat weens hul lewens op straat met owerhede gebots het. Dit plaas ook die moeilike werklikheid van straatkinders in die kollig en bevraagteken hoe die samelewing straatkinders faal en soms selfs uitbuit.

Lukas was die eerste Namibiese fliek wat vir drie weke in rolprentteaters by Ster-Kinekor in Namibië vertoon is en vir twee weke by Ster-Kinekor in Suid-Afrika. Die rolprent is sedertdien by rolprentfeeste in Nigerië, Egipte, Italië en die VSA genomineer.

“Hierdie benoeming is ’n groot oorwinning vir Namibië,” sê Talavera.

“Ons het soveel ongelooflike talent in hierdie land. Ons moet op ’n jong ouderdom leer om sulke talente te ontdek en, nog belangriker, om dit te slyp.

“As ons nie genoeg plaaslike inhoud lewer nie, sal akteurs soos Alejandro, wat ongelooflik belowend is, nie in die bedryf kan groei nie. Ons moet plaaslike talente ondersteun,” het hy gesê.

Die Sotigui-toekennings word jaarliks ​​in Burkina Faso gehou met die doel om talent van oraloor die Afrika-vasteland te erken.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!