Twee nuwe flieks pronk op die silwerdoek
Die Namibiese film Uno & Hatago is gisteraand by die Maerua-inkoopsentrum bekendgestel, terwyl ’n Suid-Afrikaanse film, He's Not Ready, ook vandag in Namibië begin draai. Die film Uno & Hatago volg die lief en leed van ’n twee Namibiese vroue wat in ’n verhouding is. Hulle moet die norms van hul kulture en die samelewing uitdaag en die realiteite van vooroordeel asook geweld in die gesig staar terwyl hulle die lewe en land van hulle drome probeer bou.
Die Suid-Afrikaanse romantiese komedie plaas sy hoofkarakter, Thabo Mafokoane, voor ’n keuse - hy moet besluit of hy met sy meisie met wie hy in ’n langtermynverhouding is, moet trou en of hul paadjies eerder moet skei wanneer sy hom voor ’n ultimatum stel. Thabo pak dan ’n sielsoek-ervaring aan en moet deur die raad van familie en vriende navigeer en probeer om "huwelikfiks" te word en sy eie vrese en begeerte in die gesig in die gesig staar. Einde ten laaste moet hy, en hy alleen, die besluit maak. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie