Vladimir Tretchikoff se 'Balinese Girl'. Foto Strauss& Co.
Vladimir Tretchikoff se 'Balinese Girl'. Foto Strauss& Co.

Twee Tretchikoffs onder die hamer

Iréne-Mari van der Walt
Twee van Vladimir Tretchikoff se meesterstukke word volgende week as deel van ’n Strauss & Co.-veiling vanaf 16 tot 18 September opgeveil.

Een van dié kunswerke, Balinese Girl, kom uit ’n tydperk wat kunskenners as dié kunstenaar se hoogtepunt beskou.

Balinese Girl put glo baie uit die kunstenaar se kennis van Asië aangesien hy ná die Russiese Rewolusie van 1917 in China, Singapoer en Indonesië gewoon het.

“Tretchikoff het ’n blougroen kleurpalet gebruik om sy jeugdige onderwerp se velkleur uit te beeld, ’n tegniek wat hy net vir sy belangrikste portrette gereserveer het,” verduidelik Strauss & Co. se uitvoerende bestuurder, Bina Genovese.

Die ikoniese kunswerk sal een van die hooftrekpleisters tydens die veiling wees.

Tretchikoff se Chrysanthemums in an Oriental Vase gaan ook opgeveil word. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 31° Rundu: 20° | 34° Eenhana: 21° | 34° Oshakati: 23° | 33° Ruacana: 20° | 30° Tsumeb: 21° | 33° Otjiwarongo: 20° | 31° Omaruru: 25° | 34° Windhoek: 20° | 31° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 24° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 23° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 22° | 38° Aranos: 23° | 36° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 20° | 34° Lubumbashi: 18° | 33° Mbabane: 16° | 31° Maseru: 14° | 30° Antananarivo: 13° | 32° Lilongwe: 19° | 32° Maputo: 19° | 33° Windhoek: 20° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 27° Johannesburg: 16° | 29° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 19° | 29° Harare: 16° | 26° #REF! #REF!