Tweepersoonsuitstalling skep dialoog tussen kunsmediums
Die Side by Side-uitstalling deur Namafu Amutse en Candice Mouton open Vrydag 3 Februarie om 19:00 by The Village in die hoofstad.
Hierdie uitstalling is die eerste in die Side by Side-uitstallingsreeks vir 2023 wat deur die StArt Art-galery saamgestel word. Die deurlopende tema in die reeks is naasmekaarstelling (juxtaposition). Deur net twee kunstenaars se werke saam uit te stal, word ’n vorm van dialoog geskep wat op sigself ruimte vir unieke interpretasies skep.
In 2018 het StArt Art 'n tweepersoonsuitstalling getiteld Side by Side by die Goethe-Institut aangebied waarin beeldhouwerke deur Ismael Shivute en Matheus Alfeus ten toon gestel is. Vier jaar later, ter ere van die 2018-uitstalling, het daardie titel ’n tweede asem gekry vir ’n nuwe reeks van tweepersoon-uitstallings.
Namafu Amutse en Candice Mouton, wie se kunswerke in die volgende uitstalling vertoon word, het mekaar op skool ontmoet. Beide is jong, selfgeleerde kunstenaars in die vroeë stadiums van hul kreatiewe loopbane.
Terwyl Amutse hoofsaaklik met digitale media soos foto's en video’s werk, is Mouton ’n skilder en illustreerder. In hierdie uitstalling beeld Amutse se foto’s en Mouton se skilderye intieme oomblikke uit wat verband hou met kinderjare deur middel van portrette.
Almal is welkom om die opening van die uitstalling asook ‘n kunspraatjie om 10:00 op 18 Februarie by te woon. Toegang is gratis.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie