Uitstalling merk ‘nuwe begin’ vir kunsstudente
Cota se graduandi, alumni span kragte saam
Elf visuele kunstenaars se werk word in die uitstalling vertoon.
Met die terugkeer na normaliteit na ’n lang, chaotiese twee jaar, het ’n uitstalling van kunswerke deur die kunsgraduandi van die Namibiese Kunstekollege (Cota) Donderdag by die Nasionale Kunsgalery (NAGN) geopen.
Terwyl baie studente wat nou gradueer vir die helfte van hul studieloopbane ingegrendel was as gevolg van die Covid-19-pandemie, dien die New Beginnings-uitstalling as ‘n tweeledige simbool van deursettingsvermoë en die kans om nuwe geleenthede met hul kunsvermoë na te streef.
Elf visuele kunstenaars se werk word vertoon in dié uitstalling, wat ruimte bied vir elke student se unieke manier om hom- of haarself kreatief uit te druk en terselfdertyd ‘n eksentrieke uitdrukking van die huidige Namibiese kultuur en samelewing bevorder. Terwyl die uitbeelding van die alledaagse mens se lewe die verbindingsdraad tussen die meeste werke kan wees, span die kunstenaars elk verskeie onderwerpe en mediums in. Hul avontuurlike gebruik en verkenning van materiale en tegnieke sorg vir ‘n kleurryke en diverse uitstalling.
Die groepprojek het ten doel om vas te stel of hierdie opgeleide kunstenaars nou die kennis en vaardighede wat hulle by Cota opgedoen het, kan toepas en dit in verskillende kreatiewe afsetpunte kan omskep.
Boonop bied dit nie net aan die betrokke student die geleentheid om in die bestaande kunstenaarsgemeenskap opgeneem te word nie, maar om dit realisties te sien en te ervaar.
Hierdie uitstalling is vir 15 opeenvolgende jare reeds deel van Cota se nagraadse opleidingsprogram, wat ‘n platform vir graduandi en alumni bied om hul werke vir ‘n groter gehoor ten toon te stel.
New Beginnings bied ‘n geleentheid vir die betrokke studente om hul akademiese en kreatiewe vermoëns te vier in 'n ruimte wat professionele ontwikkeling in die kunsbedryf aanmoedig.
As instellings wat daartoe verbind is om dié individue se vaardighede van talente te slyp, is Cota en NAGN deurlopend op soek na geleenthede om studente en kunstenaars aan relevante rolspelers in die bedryf bloot te stel.
New Beginnings kan vanaf môre tot Saterdag 5 November in die NAGN se hoofgalery besigtig word.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie