Uitstalling ‘n ode aan die kunsmeesters

Yandi Du Plessis
Die Nasionale Galery (NAGN) se eerste uitstalling vir 2023, wat kunswerke van gerespekteerde kunstenaars in die Namibiese kuns- en kunsvlytgemeenskap vertoon, het die afgelope Donderdag geopen.

Met ’n keur van goed gevestigde Namibiese kunstenaars wat deelneem, dien die uitstalling getiteld An Ode to the Masters as ’n gebaar van waardering vir alle “meesters” in die bedryf; die leermeesters van dissiplines, die inspireerders, die mentors en grensverskuiwers wat die weg gebaan het vir die visuele kunsbedryf.

Die uitstalling, wat saamgestel is deur Ndeenda Shivute-Nakapunda, onthul ’n versameling wat elke kunstenaar se onderskeie reis van hul vroeëre lewe tot hul mees onlangse produksies weerspieël.

Hierdie uitstalling beloof veelsydigheid en diversiteit oor die velde van visuele kunste; linosnee-afdrukke, houtsnee-afdrukke, skilderye, beeldhouwerke, fotografie en gemengde-media-kunswerke. Dit dra verder by tot die galery se doel om plaaslike kuns en kunsvlyt-skeppings na te vors, te versamel en te bevorder.

Die meeste van hierdie kunstenaars het werke wat deel vorm van die NAGN se permanente versameling en die regeringsversameling, maar ’n leemte in die argiefrekord word in hierdie uitstalling weerspieël. Mans word oor die hele linie verteenwoordig terwyl sekere gevestigde vrouekunstenaars afwesig is binne hul demografie van erkende kunstenaars. Hierdie liggaam van werk is dus ’n direkte beroep op kunsinstellings om voort te gaan om platforms te skep vir stemme wat nie in die verlede gehoor is nie.

Die kunstenaars wat aan die uitstalling deelneem is Amy Schoeman, Andrew van Wyk, Anita Steyn, Barbara Böhlke, Barbara Pirron, David Amukoto, Helga Kohl, Helmut Lauschke, Hercules Viljoen, Ndasuunje PAPA Shokongeni, Nicky Marais, Peter Mwahalukange , Rika Nel, Rudolf Seibeb en Urte Remmert.

Die uitstalling kan tot Saterdag 29 April besigtig word. Die galery is Maandae (14:00 tot 17:00), Dinsdae tot Vrydae (08:00 tot 17:00) en Saterdae (09:00 tot 14:00) oop.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!