Uitstalling vereer kunslegende
Die Nasionale Kunsgalery in samewerking met die Namibië Kunsvereniging open Saterdag om 11:00 ’n kunsuitstalling ter nagedagtenis aan die bekroonde kunstenaar Trudi Dicks, wat op 3 Junie vanjaar oorlede is.
“Ons vier haar kreatiwiteit en die mooi wat sy agtergelaat het,” het die Nasionale Kunsgalery op sy mediaplatforms gesê.
Trudi se kunswerk is gewild onder versamelaars vanweë haar onkonvensionele en unieke styl.
Haar werk bestaan hoofsaaklik uit linosnee, houtsnee en metaaletse en sy het haar eie metodes ontwikkel met linoleum, hout en kollagrafie.
Trudi se eerste uitstalling het bestaan uit enorme swart-en-wit-linoleumafdrukke met politieke temas, asook die dinamika van verhoudings tussen mans en vroue.
Sy het later kunswerke van klei, hout, plastiek en klip asook naaldwerk by haar metodes gevoeg.
Volgens haar webwerf kan die intensiteit van Trudi se werk toegeskryf word aan haar gehoorgestremdheid, wat haar gelei het tot ’n meer intieme waarneming van die visuele ruimte.
Trudi was bekend daarvoor dat sy haar kunswerke met haar voorletters “GSM Dicks” onderteken het.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie