Uitstalling vier Wêreldwildlewedag
Uitstalling open môreaand
Die kunswerke wat Namibiese en Ugandese fauna uitbeeld is die handewerk van Joseph 'Ntensibe, 'n vryskutkunstenaar van Uganda.
Die Frans-Namibiese Kultuursentrum (FNCC) en die Ricoveri-kunsversameling vat hande met die Sustainable Wildlife Management Program (SWM)-gemeenskapsbewaringsprojek om die uitstalling “Lost in the Wild” vanaf môre aan te bied.
Dít ter viering van Wêreldwildlewedag – wat op 3 Maart herdenk word.
Die kunswerke wat Namibiese en Ugandese fauna uitbeeld is die handewerk van Joseph 'Ntensibe, ’n vryskutkunstenaar van Uganda wat spesialiseer in skilder, beeldhouwerk en batikwerk. Die uitstalling sentreer rondom die batikkuns wat 'Ntensibe in die 1990's spesiaal geskep het vir die Ricoveri-versameling van Afrikakuns. Sy batiks word as enkele kunswerke behandel. Elkeen van hulle is uniek en geteken deur die kunstenaar.
‘Ntensibe se werk is hoofsaaklik deur die natuur geïnspireer. Hy beeld dit met sorg en begrip uit en sy landskappe en diere het glo dikwels 'n byna “toweragtige” voorkoms. Hierdie uitstalling gee ook aan alle Namibiërs wat in kuns belangstel die geleentheid om blootgestel te word aan die werk van 'n kunstenaar van 'n ander Afrikaland en terselfdertyd aan die ryk kultuur en tradisies van hierdie wonderlike vasteland.
Die uitstalling open môre om 19:00 by die FNCC en almal is welkom om die geleentheid gratis by te woon.
Lost in the Wild kan tot 11 Maart besigtig word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie