Unieke Afrika-weefkuns by FNCC uitgestal
Die African Threads-uitstalling open op Donderdag 6 Oktober by die Frans-Namibiese Kultuursentrum (FNCC) se galery.
Die uitstalling bestaan uit ’n versameling van unieke tekstiele uit Afrikalande suid van die Sahara wat oor die afgelope 40 jaar versamel is deur Marcello en Maria Cristina Ricoveri in die verskeie Afrikalande waar Marcello as ’n Italiaanse diplomaat gestasioneer was.
Die tekstiele kom hoofsaaklik uit Wes-Afrika, die Groot Mere-streek en die Horing van Afrika en verteenwoordig uitstekende voorbeelde van tradisionele Afrika-weefkuns.
Afrika-tekstiele word in baie tradisionele seremonies en danse gebruik. Die kleure het dikwels ’n dieper betekenis en verteenwoordig spesifieke eienskappe van die persone wat dit dra.
Afrika-tekstiele het ook betekenis as historiese items, wat perspektiewe bied in gevalle waar geskrewe historiese rekords nie beskikbaar is nie.
Byna al die tekstiele wat ten toon gestel sal word, is geweef met plaaslike produkte soos katoen en raffia, op tradisionele weefgetoue deur middel van tradisionele tegnieke.
Slegs enkele tekstiele kom van ander dele van die wêreld, soos Asië en Europa, en is die afgelope paar jaar na Afrika ingevoer om rokke – beide modern en tradisioneel – te maak.
’n Kortfilm oor besonderhede van materiale uit Afrika wat deur die fotograaf Lorenzo Scarafia saamgestel is, sal ook tydens die openingsgeleentheid vertoon word. Die uitstalling kan aangebied word danksy die ondersteuning van die Italiaanse klub Carlo Umberto Minni.
African Threads kan tot 14 Oktober besigtig word en toegang tot die galery is gratis.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie