Veerkragtige vroue voor die lens

Ter ere van Internasionale Vrouedag wat die afgelope Woensdag gevier is, het die fotograaf Julia Runge ‘n intieme fotoreeks geskep wat die swaarkry en triomfe van vroue wat sjebeens in Namibië en Suid-Afrika besit en bestuur, uitbeeld.

Die Shebeen Queens-uitstalling is deur die Efano Efano-galery, in samewerking met Café Prestige, saamgestel.

Shebeen Queens is opgedra aan al die vroue wat nie deur hul omstandighede ontmoedig word nie en wat die moed en krag het om hulself en hul gemeenskappe op te hef.

Om hulle besighede te bestuur gee dié vroue die ekonomiese bemagtiging wat hulle in staat stel om hulself en hul gesinne te onderhou en gee hulle die vryheid om hul eie lot te bepaal.

Die uitstalling het gister geopen en vyf van die vroue – Maria, Belinda, Rauna, Lilye en Aina (hulle vanne is verander/weggelaat om hul identiteit te beskerm) – het die opening bygewoon om hul stories en ervarings eerstehands te deel.

Julia Runge is in 1990 in Berlyn gebore. Sy het van 2010 tot 2012 in Namibië gewoon en het sedertdien dikwels teruggekeer om Namibië te besoek. Sy het haar fotografiegraad in 2015 aan die Ostkreuzschule in Berlyn verwerf met die fotoreeks Basterland, wat ’n dieper blik gee op die tradisies en kultuur van die Baster-gemeenskap in Rehoboth.

Haar werk fokus hoofsaaklik op sosiale strukture en kultuur waar sy haar natuurlike en empatiese “fototaal” gebruik om ‘n artistieke insig in die onderwerp te bied. Sy het al in China, Duitsland, Frankryk, Nigerië, Uganda, Amerika, Switserland, Italië, Maleisië en Namibië uitgestal.

Hierdie uitstalling kon realiseer danksy die borgskap van die Duitse ambassade in Windhoek en die Deutsch-Namibische Gesellschaft.

Shebeen Queens kan tot 6 April by Café Prestige by die Frans-Namibiese Kultuursentrum (FNCC) besigtig word. Die fotoboek is teen N$500 te koop.

Vir meer inligting oor die kunstenaar en uitstalling, kontak die Efano Efano-galery by 081 778 6607 of stuur ’n e-pos na [email protected].

Gaan loer op juliarunge.com om ’n voorskou van haar werk te kry.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!