Verken Afro-futuristiese storievertelling
Miniatuurbeelde as kunsmedium
Die Komesho-uitstalling bied 'n blik op die menslike toestand deur kontemporêre Afrika-kuns.
Die Komesho-uitstalling waarin werke deur die ontluikende gemengdemedia-kunstenaar Ndinomholo Ndilula ten toon gestel word, het op 5 Julie by die Namibiese Kunsvereniging (NAA) geopen.
Komesho verken die tema van Afro-futuristiese storievertelling deur miniatuurbeelde as kunsmedium te gebruik.
Die kunswerke bied ‘n blik op die menslike toestand deur kontemporêre Afrika-kuns met performatiewe storieverteltegnieke en -mediums te kombineer.
Ndilula het hierdie klein beeldjies tydens die inperking begin bymekaarsit as ‘n manier om homself besig te hou en sy kunstenaarsekwilibrium te handhaaf.
Lang wandelings deur die stad het die geleentheid gebied om klein voorwerpe rond en bont te vind en te versamel. Die kunstenaar vertel wanneer hierdie stukkies rommel, of items uit die natuur, met plastieksoldate gekombineer word, word hulle storievertellende protagoniste sowel as kunsvoorwerpe.
Die jukstaposisie van die blou soldate met elemente soos takkies en blare, metaalafvalstukkies, plastiek- en materiaalstukke, been en glas, asook ander gevonde items skep ‘n kunsmatige omgewing waarin hierdie figure kan leef en asemhaal.
“Die kunswerke beeld die gewone mens uit as ‘n alledaagse soldaat wat probeer om aan te pas om in vredestye te lewe.
“Die innerlike konflik wat in hierdie uitstalling uitgebeeld word, spreek van die herintegrasie van uitgeputte soldate in gemeenskappe, hul gewere is nou oorbodig, en hulle klee hulself in kamoefleerdrag en vermommings. Hulle beskou hul nuwe omgewings, wapens gereed, maar is die vyand daar? ‘Is ek veilig? Kan ek my wapen neersit?’ vra hulle.”
Só verwoord Komesho sy jongste uitstalling.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie