Kolie van Coller, stigter van Kosmos 94.1 en sameroeper van die Veterane-uitsaaiersvereniging. Foto Kosmos 94.1
Kolie van Coller, stigter van Kosmos 94.1 en sameroeper van die Veterane-uitsaaiersvereniging. Foto Kosmos 94.1

Veterane-uitsaaiersvereniging gestig

Francoise Steynberg
’n Stigtingsvergadering vir ’n Veterane-uitsaaiersvereniging is Dinsdag in Windhoek gehou.

Kolie van Coller, die stigter van Kosmos 94.1, is as sameroeper en mediawoordvoerder aangewys.

’n Werksgroep van vyf persone is saamgestel wat die stigtingsproses moet hanteer en afhandel, te midde van geweldige belangstelling plaaslik en in Suid-Afrika.

“’n Veterane-uitsaaiersvereniging is belangrik om die nalatenskap en standaarde van die bedryf te bewaar.

“Dit bied ’n platform vir ervare uitsaaiers om hul kennis te deel, nuwe talent te mentor en etiese praktyke te handhaaf,” het Van Coller gesê.

Hy het gesê selfs bekendes in die uitsaaiwese in die buurland, soos Riaan Cruywagen en Leon Schuster, het hul belangstelling en ondersteuning uitgespreek.

Van Coller is van mening so ’n organisasie versterk die bedryf deur uitnemendheid, kontinuïteit en professionele groei te bevorder, wat verseker dat die ryk geskiedenis en kundigheid van ervare uitsaaiers toekomstige generasies bevoordeel.

“Deur ’n gemeenskapsgevoel onder veterane te bevorder, verseker die vereniging die oordrag van kosbare vaardighede en tradisies. Dit beywer ook vir die belange van uitsaaiers en bied ondersteuning en hulpbronne om die veranderende media-landskap te navigeer.”

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!