Von Finkenstein se familie hou liefdadigheidsveiling
'n 'Viering van sy lewe'
Die kunsversameling bestaan uit verskeie kunswerke deur Namibiese en internasionale kunstenaars, van historiese tot kontemporêre kunstenaars.
Die Von Finkenstein-familie bied volgende week ’n liefdadigheidsveiling aan ter nagedagtenis van wyle dr. Björn Graf Finck von Finkenstein – beter bekend as Finki onder sy vriende en dr. Finki vir sy pasiënte – waar kunswerke uit sy private versameling onder die hamer sal wees.
Die veiling word in samewerking met die StArt Art-kunsgalery gehou.
Die versameling bestaan uit verskeie kunswerke deur Namibiese en internasionale kunstenaars, van historiese tot kontemporêre kunstenaars. Die opbrengs van die veiling gaan aan drie gekose liefdadigheidsorganisasies waarmee die familie ’n spesiale verbintenis het.
Die veiling sal van 8 tot 14 November vir die publiek oop wees.
TERUGBLIK
Von Finkenstein is op 23 Julie 1958 in Usakos gebore. Hy het in die Karibib-distrik op die familieplaas Okongava grootgeword waar sy grootouers, Anita en Bernhard von Goldammer, en sy ouers, Anka en Günther, gewoon het.
Hy het sy eerste paar skooljare in Karibib deurgebring, gevolg deur sy hoërskooljare by die DHPS in Windhoek. Vanaf sy eerste skooldag is die saadjie van politieke aktivisme by hom geplant. Hy kon nie verstaan hoekom hy na ’n ander skool moes gaan as sy vriende saam met wie hy op die plaas grootgeword het nie
In 1978, terwyl hy nog op skool was, het Finki ’n Swapo-lid geword en aktief geveg vir Namibië se onafhanklikheid. Gevolglik moes hy, nadat hy medies op Stellenbosch studeer het en sy internskap by die Windhoek Sentraal- en Katutura-hospitale gedoen het, in ballingskap gaan, aangesien dit vir hom te gevaarlik was om in die land te bly.
Ná sy terugkeer het hy weer in dié hospitale gewerk en daarmee voortgegaan nadat hy in 1995 die burgemeester van Windhoek geword het.
Om ’n dokter te wees was nie net sy werk nie, hy het werklik in sy hippokratiese eed geglo. Sy dogter Anielle beskryf hom as ’n “dokter met ’n liefde vir sy praktyk wat op sy beurt geliefd was onder sy pasiënte omdat hy opreg vir elkeen van hulle omgegee het. Baie van sy pasiënte was al meer as 20 jaar by hom.”
LIEFDE VIR KUNS
Om 30 jaar gelede by die Aschenborn/Kendzia-familie in te trou, was die beginpunt van sy kunsversameling. Sy skoonma Hannelise Kendzia, wat ’n galery en raamwinkel in Windhoek bestuur het, het dikwels kunsraad byderhand gehad.
Nadat Finki in 1992 met Christine Kendzia getroud is, het hy baie kunstenaars persoonlik leer ken, veral toe sy skoonoupa, Dieter Aschenborn, in die gesin se tuinwoonstel ingetrek het. Finki het baie drankies met “OpaVati” (Dieter) en “Kosie” (Koos van Ellinckhuizen) – bekend vir sy werk op Namibiese en Suidwes-Afrikaanse posseëls – gedeel en tot in die vroeë oggendure gefilosofeer. Die bekende Namibiese skilder en musikant Archie van der Ploeg het selfs kitaar gespeel by ’n paar van Finki se verjaardagpartytjies.
“Deur my grootwordjare is ek altyd omring deur kuns en kunstenaars. Ek het eers onlangs besef hoe spesiaal dit is om ’n [John] Muafangejo-kunswerk in jou huis te hê en nie in ’n galery nie. Ek weet dit spreek van my voorreg en opvoeding – maar dit spreek ook van die feit dat beide my ouers en my grootouers altyd Namibiese kunstenaars ondersteun het,” onthou Anielle.
Ná sy afsterwe het Finki se familie besluit om sy versameling af te skaal, wat die vraag gelaat het oor wat om met al die spesiale kunswerke te doen, en hoe om sy nalatenskap te eer.
“Ons voel dat kuns elke dag liefgehê en waardeer moet word. Dit is nie veronderstel om toegesluit te word sodat niemand dit kan sien nie. Deur hierdie kunswerke op te veil, kan ons dit na nuwe huise versprei en terselfdertyd geld vir drie organisasies insamel.”
BEGUNSTIGDES
Aangesien Finki op ’n plaas grootgeword het, het die familie dierewelsynsorganisasies gekies as begunstigdes van geld wat deur die aksie ingesamel word.
Hulle is die Save the Rhino Trust, Elephant-Human Relations Aid (EHRA) en die Namibiese Dierewelsynsvereniging (Nawa).
Die aanlyn kunsveiling word op 7 November bekend gestel.
Diegene wat belangstel om aan die aanlyn veiling deel te neem, kan via ’n digitale vorm inteken om ’n nommer te kry wat gebruik sal word om op enige kunswerk te bie. Die veiling sluit op 14 November om 20:00.
Vir inligting oor hoe om aan die veiling deel te neem, besoek www.startartgallery.com/von-finckenstein-auction.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie