Vroue met 'partytjiegees' gesoek

Die immergewilde Wika Damesaand met die tema "Partyspaß im Vollgas" of vrylik vertaal 'n partytjiegees wat biesies laat bewe, beloof onder meer 'n dansnommertjie (of twee) deur die Magic Gents en geïnspireer deur Magic Mike wat vroue wêreldwyd laat swymel het en elke vrou op die punt van haar stoel, of dalk sonder haar stoel, sal hê. Ook op die spyskaart is giggel en grappe met Ernst Lustig alias

Jürgen Wiesmann van die Mainzer Carneval Club (MCC) wat met sy spitsvondige geskerts en skreeusnaakse staaltjies beslis sal sorg vir skaterlag. Meraai Krüger Helm se sielvolle melodieë sal die vrouegehoor op 'n musikale reis na ander wêrelde voer, terwyl Local Lena met haar verhale vroue sal herinner aan die krag en grasie wat in elkeen lê. Natuurlik is daar pryse om los te slaan vir die mees flambojante en kreatiewe kostuum! Die damesaand skop om 19:11 af, met kaartjies wat teen N$150 per persoon by karneval-in-windhoek.com beskikbaar is.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!