Waldimar Pelser word van 31 Maart M-Net direkteur: Premium-kanale, wat die M-Net- en kykNET-kanale insluit. Foto Netwerk24
Waldimar Pelser word van 31 Maart M-Net direkteur: Premium-kanale, wat die M-Net- en kykNET-kanale insluit. Foto Netwerk24

Waldimar Pelser beklee nou nuwe pos by M-Net

Yandi Du Plessis
Waldimar Pelser is pas aangewys in ’n nuwe pos by M-Net. Hy word nou M-Net-direkteur: Premium-kanale, wat die M-Net- en kykNET-kanale insluit.

Dit volg op die aftrede van Jan du Plessis, M-Net-direkteur: M-Net-kanale, wat 28 jaar in diens van die maatskappy was.

Du Plessis het in 1994 by M-Net aangesluit en het die afgelope 28 jaar in verskeie hoedanighede ’n groot rol gespeel in die uitbou van die M-Net-handelsmerk en -kanale. Dit sluit in die bekendstelling van kykNET in 1999. Hy was ook lid van die spanne wat onder meer gesorg het vir Suid-Afrikaanse weergawes van internasionale trefferreekse soos Big Brother en Idols.

Du Plessis is in 2016 as M-Net-direkteur: M-Net-kanale aangestel en was sedertdien verantwoordelik vir kanale wat M-Net 101, M-Net City en die verskeie M-Net Movies-kanale ingesluit het. In sy tyd as die samesteller van die fliekaanbod op die verskeie M-Net Movies-kanale, het hy ’n innoverende nuwe finansieringsmodel na die Suid-Afrikaanse film- en TV-bedryf gebring. Dit het daartoe gelei dat ’n magdom jong rolprentmakers gementor en ontwikkel is en dat van hulle vandag groot rolspelers in die bedryf is.

“Ek is dankbaar vir alles waarvan ek deel was. Toe ek in 1994 by M-Net begin het, was dit om plaaslike kykers die beste moontlike internasionale aanbod te bied. Soos my rolle in die maatskappy verander het, het ons by M-Net die geleentheid gehad om nuwe talent in ons plaaslike bedryf te ontwikkel. Dit het beteken ons kon mede-produksies aanpak waarmee ons vir die res van die wêreld kon wys watter ongelooflike stories en talent ons op eie bodem het.”

Hy het op 1 Februarie 2022 by MultiChoice aangesluit as M-Net-direkeur: kykNET-kanale en sal nou die skoene volstaan as M-Net-direkteur: Premium-kanale.

Pelser, wat al meer as 20 jaar in die media werk, het sy loopbaan as joernalis begin en was onder meer nuusredakteur van Beeld in Johannesburg. Hy het ook in Lagos en Kaapstad vir Media24 gewerk. Hy het regte en joernalistiek aan die Universiteit Stellenbosch gestudeer en ’n meestersgraad in ontwikkelingstudies aan die Universiteit van Oxford verwerf. Hy het in sy kort tydjie by kykNET reeds sy stempel afgedruk met onder meer kykerstalle wat geklim het.

Pelser neem die leisels op 31 Maart by Du Plessis oor.

-Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!