Walvisbaaise pianis wen gesogte kompetisie
Nuusredaksie – Die Walvisbaaise pianis Samuel Nel (14) is aangewys as die wenner van vanjaar se gesogte Hubert van der Spuy Nasionale Musiekkompetisie wat verlede week in Stellenbosch plaasgevind het.
Oor vier dae is 46 jong musikante tussen die ouderdom van sewe en 14 oor drie rondes beoordeel, met agt finaliste wat Vrydagaand deurgedring het na die finale ronde.
Dit was die vierde jaar dat Samuel aan die kompetisie deelgeneem het, wat hom ’n prys van net minder as N$30 000 besorg het.
Hy het die Johanna van der Spuy-gedenkprys (N$15 000), ’n goue medalje en ’n uitnodiging gewen om as solis saam met die Universiteit Stellenbosch Simfonieorkes by die openingseremonie in 2025 op te tree.
Samuel het ook die prys gewen vir die beste uitvoering van ’n barokwerk in die eerste ronde (Allemande en Courante uit die Franse Suite No. 2 deur JS Bach), die beste uitvoering van ’n romantiese werk in die derde ronde (Liebestraum No. 3 in A-plat deur Liszt), die klavierkategorieprys, asook die beste uitvoering van ’n Suid-Afrikaanse komposisie.
Die jaarlikse kompetisie is deur die Tygerberg-tak van die Suid-Afrikaanse Vereniging van Musiekonderwysers gereël.
Professor Hubert van der Spuy is so passievol en entoesiasties soos altyd oor die instrumentale kompetisie vir jong musikante wat in 1989 van stapel gestuur is. Van der Spuy was destyds die hoof van die musiekdepartement aan die Universiteit van Wes-Kaapland, waar hy jongmense geïnspireer het om hul heel beste te word. Sedertdien het die kompetisie gegroei tot die mees gesogte van sy soort in Suid-Afrika en Namibië.
Samuel se groot liefde is om voor ’n gehoor op te tree en hy droom daarvan om Tchaikovsky aw Piano Concerto No. 1 in die toekoms te kan speel.
Wanneer hy nie voor die klavier is nie, is hy op die gholfbaan en het Namibië vanjaar by die All Africa-gholfkampioenskappe verteenwoordig.
Sy jonger suster, Juliette, speel weer tjello en was ook een van die agt finaliste in vanjaar se kompetisie. Die 11-jarige Juliette het pryse ter waarde van N$5 200 gewen, insluitend die kategorieprys as beste stryker. Juliette is mal daaroor om buite te wees, veral op haar roeiplank op die strandmeer in Walvisbaai, waar haar hond, Tiger, gereeld by haar op die bord aansluit. Sy speel ook graag klavier en haar gunstelingsport is ritmiese gimnastiek. Juliette se droom is om ’n konsert-tjellis te word.
Samuel en Juliette kom uit ’n musikale familie en het twee jonger broers wat ook klavier speel.
Op 14 het Samuel nog genoeg tyd om oor ’n toekomstige loopbaan te besluit, maar wat hy wel weet, is dat daar altyd ’n plek vir musiek en gholf in sy lewe sal wees!
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie