Foto verskaf
Foto verskaf

Weggooigoed word uitstalgoed

Prettig, ‘funky’ en prakties
Die wenprodukte word vertoon by die uitstalling in die Omba-galery wat vandag om 18:00 open.
Die Namibia Craft Centre het gevoel ná die afgelope twee jaar van sosiale beperkings, is dit tyd vir iets nuuts.

Dus, om die skep van nuwe kunsvlytprodukte te stimuleer, het die sentrum ’n inisiatief van stapel gestuur om die kunsvlytsektor na post-Covid te laat herleef en kreatiewes uitgedaag om prettige, “funky” en funksionele produkte van gevonde voorwerpe, of weggooigoed, te maak.

Met die werklikheid dat tye moeilik is, was die uitdaging vir idees en prototipes van nuwe produkte wat uit oues gemaak is. Die uitnodiging was oop vir produkte, insluitend korporatiewe geskenke, binneversiering/huisware en modebykomstighede en enige ander innoverende idees wat plaaslike of internasionale kopers kan lok.

Namibia Craft Centre se visie is om innovasie aan te dryf, nuwe produkte te bemark en nuwe Namibiese reekse vir beide plaaslike en buitelandse kliënte te skep. Die uitdaging vir hierdie uitstalling was om produkte te ontwerp wat bemarkingspotensiaal het – óf as eenmalige kommissies óf as items wat massavervaardig kan word.

Ervare kunsvlytbemarkers, onder andere, het raad en produkresensies aangebied om te verseker die eindproduk is van topgehalte en bemarkbaar. Bemarkings-, promosie- en verkoopsgeleenthede sal uiteindelik vir die produkte by die Namibia Craft Centre beskikbaar wees en op die sentrum se aanlyn winkel. Kleinhandelafsetpunte waar die items moontlik verkoop kan word, sal ook genader word.

Kunsvlytpraktisyns is twee maande gegun om produkte vir die kompetisie te ontwikkel, waarna die finale produkte beoordeel is en die wenners die afgelope Woensdag deur ’n anonieme stemproses gekies is.

Die wenprodukte word vertoon by die uitstalling in die Omba-galery wat vandag om 18:00 open. Die uitstalling duur drie weke en sluit op 20 Julie.

Prysgeld sal toegeken word aan die beste drie, mees bemarkbare produkte met die meeste potensiaal.

Almal is welkom om die opening van die uitstalling by te woon. Daar sal glühwein beskikbaar wees om die winterkoue af te weer. Ondersteun plaaslike Namibiese ambagsmanne en kunslui, en dalk vind jy die perfekte geskenk of bederf jy jouself met een van die nuwe skeppings wat by die uitstalling te koop sal wees. Toegang én die glühwein is gratis.

Vir meer inligting oor die uitstallling, kontak Shareen Thude by 061 242 222 of 081 124 0982, of per e-pos by [email protected].

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!