Wenner van Kanaal 7 Talentsoektog môreaand gekroon

Kanaal 7 se soektog na die land se mees voortreflike sangtalent kom môreaand, 6 Augustus, tot ’n einde wanneer die wenner van die Kanaal 7 Talentsoektog-kompetisie by Droombos aangewys word.

Dié talentsoektog wat Kanaal 7 in samewerking met die Voice of Namibia-sangkompetisie aanbied, het in Meimaand afgeskop en bied ’n geleentheid vir Namibiërs wat hul sangvernuf ten toon wil stel.

Volgens die organiseerders het hulle “ongelooflike” inskrywings ontvang – soveel só dat hulle uiteindelik ’n top 22 pleks van ’n top tien gekies het om in die finale rondte teen mekaar mee te ding. Dít uit die minstens 65 inskrywings wat altesaam ontvang is.

Die wenner sal wegstap met ’n kontantprys van N$10 000, asook die geleentheid om een van sy/haar liedjies professioneel te laat opneem. Die kompetisiewenner sal ook outomaties een van die top tien finaliste in die Voice of Namibia-kompetisie wees.

Die bekwame beoordeelaars Francois Lotter, Lomine Langley, Nadia Hanssen en Claudine Nelson sal uiteindelik besluit wie die finalis met die mees voortreflike sangtalent is.

Aspirantmusikante kon oudisies aflê deur video-opnames van hulle sangvernuf in te stuur. Alle deelnemers se oudisievideo’s sal outomaties ook later as inskrywing vir die Voice of Namibia-kompetisie oorweeg word.

Die top 22:

Tamaryn Simon - Grootfontein

Patricia Coetzee - Windhoek

JP Kotzé - Walvisbaai

Dina Seroun - Rehoboth

Garemy van Neel - Windhoek

Frans Marti - Windhoek

Mike Nghituwamata - Windhoek

Edrich van der Merwe - Hentiesbaai

Asheeqa Emamdien - Windhoek

Edlin van der Merwe - Gobabis

Keenen Carelse - Walvisbaai

Joani Claassen Coleman - Stampriet

JR Cupido - Walvisbaai

Willem de Jager - Stampriet

Elmero Strauss - Windhoek

Aquila Claasen - Swakopmund

Jani Liebenberg - Okahandja

Tané Hattingh - Windhoek

Vanessa Venter - Windhoek

Lize Visser - Windhoek

Amy Botes - Swakopmund

Angeline van Niekerk - Grootfontein

Die beoordeelaars:

Francois Lotter

Lomine Langley

Nadia Hanssen

Claudine Nelson

Kaartjies vir die finale konsert kos N$150 en is beskikbaar by 061 420 850 of https://kanaalsewe.wixsite.com/ch7talent/kompetisie-inligting. Daar sal ook kaartjies by die deure te koop wees.

Inskrywings vir Voice of Namibia open op 8 Augustus. Hou hulle Facebook-blad dop om op hoogte te bly.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!