Whk Gim se teatertalent skitter in SA
Windhoek Gimnasium se senior primêre skool se teaterstuk Pluk vir my 'n Reënboog is een van vier stukke wat deurgedring het na die Curro Create Nasionale Jeugteaterfees se finale rondte wat in Pretoria gehou is. Dit is die enigste Namibiese teaterstuk wat by dié fees op die planke was.
Die toneelstuk handel oor ’n meisie en haar denkbeeldige maatjies en skyn sodoende ’n lig op die jeug se blootstelling aan sosiale media en die verlies van kreatiwiteit onder kinders.
Windhoek Gimnasium se kultuurhoof, Heila Ferreira, is vir haar regie aan Pluk vir my ’n Reënboog vereer as beste regisseur terwyl die 17 leerlinge in die rolverdeling as die beste ensemble by dié fees benoem is. Francine Coetzer is as beste aktrise benoem en Zay-qida Podewiltz as mees belowende aktrise.
Verder is die uitstaande pogings van ses jongmense in die rolverdeling, naamlik Etuhole Phillemon, Francine Coetzer, Inge Müller, Lilibeth Bazuin, Selma Amunghete en Zay-qida Podewiltz, beloon met die welverdiende eer om teatervleuels te ontvang.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie