Wika se koninklike paartjie gekroon
Applous, applous, volspoed vorentoe!
Met dié leuse het die Windhoek Karnavalvereniging (Wika) Donderdagaand die 70ste karnavalseisoen afgeskop.
Met die “Prinzenball” by die Sportklub Windhoek (SKW) is die geheim oor die nuwe koninklike paartjie onthul.
Prins Norbert die 1ste, die passievolle karnavalwurm (Wurm), en sy pragtige prinses Svenja die 1ste (Hecht) is as die nuwe prins en prinses aangewys.
Die afgelope naweek het die “Prunksitzung”, ’n straatparade, bierfees en kinderkarnaval (KikaWi) plaasgevind.
Die pret duur eerskomende Woensdag voort met die mans- en damesaand asook die maskerbal (HeDaMa) vanaf 19:33.
Die eerste en tweede internasionale aande (beide begin om 19:11) vind Donderdag en Vrydag plaas. Saterdag vat die jeug oor met die JuKa (20:11), voordat die “Kehraus” om 11:11 Sondag die karnaval afsluit.
Alle binnenshuise byeenkomste vind by SKW plaas en ’n hoogtepunt van die karnaval is die optrede van die Keulen-musiekgroep De Höhner, wat in 1972 gestig is en vir die eerste keer op die Wika-verhoog sal optree.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie