Wil-Merie skep 'sout van die aarde'-kuns

Yandi Du Plessis
Met harde werk, toewyding en kreatiwiteit kan drome waar word.

Só bewys Wil-Merie Greyling, wat onlangs haar meester van die kunste-graad verwerf het. Dié kontemporêre kunstenaar en beeldhouer van Swakopmund, het 1,8 ton digte soutblokke van die Kaap Kruis-soutpanne na Rhodes Universiteit vervoer vir haar Master of Fine Art 2023-uitstalling met die tema Out of the Ruins, Out from the Wreckage.

Wil-Merie se kuns word tydens die Nasionale Kunstefees vanaf 22 Junie tot 2 Julie by die universiteit se galery vir beeldende kuns in Makhanda – voorheen bekend as Grahamstad – weer vertoon.

Sy ondersoek emosionele onderwerpe deur soutblokke uit te kerf en voorwerpe fyn daaruit te laat kristalliseer as ’n manier om navorsing rondom die verhoudings tussen verlies en groei en om die onlosmaaklike band tussen fisieke en sprituele landskappe visueel te verwoord in haar kuns.

“In my artistieke praktyk het ek die karakter van Namibiese sout in sy natuurlike vorm – digte blokke – verken deur hul inherente eienskappe van kommersiële minerale in unieke kunsvoorwerpe te omskep. Ek het die metaforiese assosiasies van verwoesting en restourasie ondersoek en ’n installasie geskep wat verskeie elemente gebruik – van soutblokke uitkerf tot die skep van delikate soutkristal-kunswerke.”

Die akademici wat toesig hou oor haar navorsing het haar werk as hoogs oorspronklik, poëties en met ’n duidelike tegniese moeilikheidsgraad beskryf. Meer gedetailleerde video en visuele dokumentasie van haar uitstallingswerk is aanlyn beskikbaar by @wilmerieg en @Wil-MerieGreylingArtist.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!