‘Wild Zambezi’ binnekort op die grootskerm
Dokkiereeks van vier episodes
In die laaste episode van die reeks word mynbedrywighede in die Laer Zambezi Nasionale Park onder die loep geneem.
Fliekgangers sal binnekort weeklikse episodes van ’n dokumentêre reeks, “Wild Zambezi”, by die Maerua-inkoopsentrum se Ster-Kinekor-teater kan kyk.
“Wild Zambezi” is ’n dokumentêre reeks (dokkiereeks) wat uit vier episodes bestaan en handel oor die natuurlike gebied op die oewer van die Zambezirivier – die vierde grootste rivier in Afrika.
Die verhaal word deur die bekwame skrywer, regisseur, dramaturg, akteur en jarelange natuurbewaarder, dr. John Kani, vertel.
Die reeks is saamgestel in ’n poging om die laaste kosbare wildernisgebiede te beskerm te midde van die werklikheid dat hierdie gebiede ernstig bedreig word.
“Die stryd van ekonomiese ontwikkeling teen die beskerming van die natuur is ’n konflik wat al dekades lank woed.
“Namate die menslike bevolking uitbrei, neem die dringendheid ook toe om Afrika en inderdaad die wêreld se unieke en mees diverse ekosisteme te beskerm,” lui ’n verklaring wat deur Ster-Kinekor se woordvoerder, Janet de Kretser, uitgereik is.
Luidens die verklaring fokus die reeks ook op die Laer Zambezi Nasionale Park, ’n beskermde gebied wat ook deur die meedoënlose indringing van mense bedreig word.
“Die park strek oor 4 092 vierkante kilometer langs die Zambezirivier en staar sy grootste bedreiging nog in die gesig – ’n oopgroef-kopermyn in die hartjie van die park – wat deur Zambië se Omgewingsagentskap goedgekeur is.”
Die reeks handel oor temas soos die bewaring van beskermde wildernisgebiede, klimaatsverandering, gemeenskappe se bestaan, bewaring, ekotoerisme en diere en mense wat saambestaan.
Elke episode sal twee keer per week – op Sondae en Dinsdae – by Ster-Kinekor se teater in Maerua-inkoopsentrum vertoon word teen N$50 per kaartjie.
Die reeks word ook in verskeie Ster-Kinekor-teaters in Suid-Afrikaanse dorpe vertoon, insluitend Johannesburg, Pretoria, Mbombela en Kaapstad.
EPISODES
Die reeks se eerste episode word op 9 en 11 Junie vertoon.
Die eerste episode getiteld Everything is Connected, handel oor die ekoloog David Ngwenyama se missie om die Laer Zambezi Nasionale Park van die grootste bedreiging in sy geskiedenis te red.
“Dit is ’n boeiende episode van hoe die park tot stand gekom het en ’n meedoënlose strewe om hierdie unieke en brose ekosisteem te beskerm,” lui die verklaring.
Die daaropvolgende episodes handel oor die diere in die gebied, stropery en klimaatsverandering.
Die laaste episode handel meer oor die mynbedrywighede in dié gebied en die impak daarvan op die omgewing.
“Soos vermoedens ontstaan oor die mynmaatskappy se motiewe, reflekteer hierdie episode op voortdurende pogings deur natuurbewaarders om die lewens van diegene rondom die park te verbeter.
“David Ngwenyama staar persoonlike gevolge in die gesig weens sy betrokkenheid om die myn te probeer stuit.
“Sluit by hom aan op sy eerste en laaste besoek aan die park terwyl hy oor die erns van die situasie nadink.
“Watter presedent sal hierdie myn vir beskermde gebiede in Zambië, en Afrika as geheel, skep? Daar is nog tyd om die myn te stop,” lui die verduideliking van die laaste episode in die reeks getiteld David & Goliath wat op 30 Junie en 2 Julie vertoon sal word.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie