Windhoek Gym skitter met huldeblyk aan Namibië
Windhoek Gymnasium se skoolkoor het die bekende Afrikaanse liedjie “Land in die Suide” ’n Namibiese flair gegee.
Dié video van dié laerskoolkoor het sedert Maandag meer as 9 500 kyke gekry en selfs die aandag van die Suid-Afrikaanse sanger Dawid Fourie getrek.
“Wow hoe cool is die! Windhoek Gymnasium het hul eie Namibiese weergawe van ‘Land in die Suide’ gedoen. Lekker om die week so te begin,” het hy op sy Facebookblad gedeel.
Berenice Bock, ’n onderwyser by Windhoek Gymnasium wat verantwoordelik is vir die skool se koor en die verwerking van die lirieke gedoen het, sê Fourie se weergawe het haar oorspronklik in 2004 aangegryp, nog voor sy by die skool begin werk het.
“Die eerste keer toe ek dit gehoor het, het ek onmiddellik gedink dit sal lekker wees vir ’n koor om net saam te sing.
“Ons het dit toe vir die Onafhanklikheidsvieringe gedoen en aan die begin van hierdie jaar het ek dit weer uitgehaal en die woorde aangepas om dit Namibies te maak,” sê sy.
Hoewel Berenice graag wou hê die Namibiese weergawe van die liedjie moet die land ten volle verteenwoordig, sê sy daar was eenvoudig nie plek om al die land se prag in te sluit nie.
“Ek kon nie alles insluit wat ek wou nie, maar ek dink dit het goed uitgedraai.”
Sy sê dit is lekker om die onverwagte reaksies uit alle uithoeke van die land te sien.
“Dit is regtig nie wat ons verwag het nie – ons het gedink ons sing die liedjie en versprei dit en dit is goed vir die skool.
“Daar is nou mense wat vra hoekom Outjo nie ingesluit is nie en hoekom daar niks van Tsumeb is nie, maar dit is mense wat deel word daarvan en dit is lekker om te sien hoe almal betrokke raak,” sê sy.
Die vrystelling van “Land in die Suide” is die jongste in ’n lang lys prestasies wat Windhoek Gymnasium se skoolkoor, wat uit 45 leerlinge bestaan, behaal het.
Benewens hul mees onlangse deelname aan die FNB Windhoek Woordfees se Koorfees, het hulle ook goud by die ATKV Applous-kompetisie gewen.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie