Windhoek-mark begin vandag
Geleentheid vir plaaslike entrepreneurs
Na verwagting sal ongeveer 105 uitstallers aan die eerste mark deelneem.
Om die hoofstad se ekonomiese en artistieke veerkragtigheid te vier en te bevorder, bied die Windhoek-munisipaliteit (CoW) vandag en môre sy eerste Windhoek-mark in die sentrale sakegebied aan.
Zoo Park, die Post Street-inkoopsentrum en dele van Onafhanklikheidsrylaan sal in ’n tydelike straatlangse verkoopsruimte vir plaaslike, klein- en medium-ondernemings en ander betrokke korporasies omskep word.
Betrokke ondernemings en opkomende kunstenaars sal die geleentheid kry om hul unieke plaaslike produkte en dienste te bemark, bande met hul eweknieë in die bedryf te smee en geleenthede te verken om te innoveer en te groei.
Vir Windhoekers, besoekers en toeriste is dit ’n geleentheid om met die aanbreek van die lenteseisoen tyd saam deur te bring in ’n feestelike buitelugatmosfeer en die diversiteit van Windhoek se kulinêre aanbiedinge te geniet en plaaslike vermaak, kuns en kunsvlyt te ondersteun.
Dit alles in ’n veilige, gesinsvriendelike omgewing.
Die mark is ’n inisiatief deur die CoW se departement van ekonomiese ontwikkeling en gemeenskapsdienste, wat beoog om die geleentheid uit te brei en dit ’n gereelde gebeurtenis op die hoofstad se sosiale kalender te maak.
Na verwagting sal ongeveer 105 uitstallers aan die eerste mark deelneem, waaronder 23 kosstalletjies; 11 kuns- en kunsvlyt-stalletjies; agt met soet lekkernye; agt stalletjies wat nie-alkoholiese verversings verkoop; vyf met vars plaasprodukte; vyf wat tweedehandse items verkoop; en 42 in ander afdelings wat byvoorbeeld skoonheidsmiddels en haarprodukte insluit.
Die mark skop vandag om 09:00 af en duur tot 22:30 met die dag se aktiwiteite wat met opwindende musiekvertonings deur die bekende sangers George Longane en Ethnix eindig.
Die mark hervat môre weer om 09:00 en duur tot 17:00.
Besoekers sal deurentyd aan verskeie aktiwiteite soos zumba, joga, spinklasse en baldans kan deelneem.
Die stadspolisie en Nampol sal die publiek tydens die geleentheid veilig hou.
Om inwoners op hoogte te hou van al die opwindende gebeure sal twee plaaslike radiostasies regstreekse buite-uitsendings vanaf die mark op beide dae doen en inwoners word aangemoedig om CoW se sosialemediablaaie (Facebook, Instagram en Twitter) dop te hou vir vars nuus.
Kom geniet die begin van die lenteseisoen in ware Windhoek-styl.
Vir meer inligting, kontak Estelle Hein by 061 290 3694, [email protected] of CoW by 061 290 3797 of [email protected].
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie