Windhoek Skou is oop!

Jemimah Ndebele
Die 2023 Windhoek Skou het sy deure amptelik op Vrydag 22 September vir die publiek geopen, met ’n verskeidenheid stalletjies en aktiwiteite vir skougangers om te verken en geniet. Die landbou- en lewendehawe-skou sal na verwagting ’n hoogtepunt wees, met verskeie stalletjies wat op vooruitgang en innovering in die landbousektor fokus. Voertuig-entoesiaste kan ook tentoonstellings geniet waar die jonste tegnologie en ontwerpe besigtig kan word. Vir die kinders en jongmense is die mallemeule ’n groot trekpleister met ruilmunte wat N$20 elk kos. Die Windhoek Skou is tot 30 September aan die gang en die hekke is op die komende weeksdae vanaf 11:00 tot 21:00 oop. Eerskomende Vrydag tot Saterdag is dit oop van 10:00 tot 21:00. Kaartjies kos N$50 vir volwassenes, N$30 vir skoolkinders tussen die ouderdomme van ses en 18 jaar en is gratis vir voorskoolse kinders en bejaardes ouer as 60 jaar. Foto Jemimah Ndebele

Kommentaar

Republikein 2025-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer