1 800 diere by suksesvolle Stampriet Skou beoordeel
Ronelle Rademeyer
Stampriet was die afgelope week dié plek om te wees vir kleinveetelers en -produsente waar ’n baie suksesvolle kleinveeskou vir die eerste keer ná die Covid-19-pandemie aangebied is.
Die telerverenigings van die Damaras, Persies, Van Rooys, Dorpers, Witdorpers, Boerbokke en Kalahari Reds het nasionale kampioenskappe aangebied, terwyl die Meatmasters ook hulle diere geskou het.
Altesaam sestig stoete het diere vir die skou ingeskryf wat Saterdag begin het en vandag ten einde loop.
Anettte Steyn, wat nie net self geskou het nie, maar ook die aankondiger en seremoniemeester by die galadinee Woensdagaand was, sê die skou is baie goed bygewoon.
“Bykans 250 mense het die galadinee bygewoon wat deur al die telers en die borge bygewoon is,” sê sy.
Mnr. Piet Gouws, president van die Namibië Landbou-unie (NLU) en dr. Louis du Pisani, landbou-ekonoom asook voeding- en weidingskundige, was die sprekers by die geleentheid.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie