Dr. Fidelis Mwazi, uitvoerende hoof van die Namibiese Akkerbouraad (NAB).
Dr. Fidelis Mwazi, uitvoerende hoof van die Namibiese Akkerbouraad (NAB).

50 000 ton vars produkte in 2020-’21 uitgevoer

Onbenutte geleenthede wink in Afrika
As dit by die handel van Namibië se tuinbouprodukte en gewasse in die SADC-streek en Afrika kom, is daar baie onbenutte geleenthede.
Elvira Hattingh
In die 2020-’21-boekjaar het Namibië sowat 50 000 ton tuinbouprodukte en gewasse ter waarde van N$981 miljoen uitgevoer. Die meeste hiervan het na Europa gegaan, asook na die Midde-Ooste en Amerika.

Dr. Fidelis Mwazi, uitvoerende hoof van die Namibiese Akkerbouraad (NAB) het tydens Bank Windhoek se aanlyn reeks vir landboupraatjies die afgelope Woensdag egter gewaarsku dat Namibië nie te sterk op een of twee markte moet steun vir uitvoere van die produkte nie, aangesien dit riskant is.

Hy sê talle onbenutte geleenthede bestaan vir Namibië wat handel in die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC)-streek en Afrika betref. Tans voer ons meestal na Suid-Afrika en Angola toe uit,” het hy gesê.

Tydens die geleentheid het hy gepraat oor die diversifisering van uitvoere, wat slegs moontlik is wanneer die regte standaarde en goeie praktyke toegepas word.

Hy het verduidelik as daar van die diversifisering van uitvoere gepraat word, word verwys na die geleentheid om verskillende produklyne te vermeerder vir verskillende markte – veral nuwe produkte wat dalk plaaslik vervaardig kan word, sodat Namibië sy “mandjie” vir uitvoere kan uitbrei.

UITVOERE

Hy het verduidelik dat Namibië verskillende tuinbouprodukte en gewasse uitvoer, wat insluit tafeldruiwe, dadels, bloubessies, aspersies, tamaties, uie en aartappels. Die meeste hiervan gaan na die Europese Unie.

“Ek dink tot 90% hiervan word deur die Europese Unie opgeneem, veral as dit by tafeldruiwe kom, die Midde-Ooste ontvang sowat 95% van al ons dadels, terwyl die meeste bloubessies ook na die Europese markte gaan.

“Die geleenthede van ʼn groen ekonomie bied aan ons die geleentheid om ons ‘uitvoermandjie’ selfs nog meer uit te brei in terme van die plaaslike produksie van sitrus.”

Hy meen dit is tans een van die grootste planne op die tafel – om die produksie van lemoene, suurlemoene, naartjies, avokado’s te verbeter.

Mwazi het gesê die NAB het reeds verskeie minimumstandaarde vir gehalte en voedselveiligheid in die verskeie uitvoerbedrywe soos tafeldruiwe-, tamatie- en aartappelproduksie ontwikkel en is besig om dit na meer produksielyne uit te brei. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!