8%-verhoging vir suiwelprodusente
Suiwelprodusente word sedert 15 Oktober vanjaar 44 sent per liter méér betaal – nadat Namibia Dairies nou ‘n 8%-verhoging toegestaan het.
Die prysverhoging is die eerste in vyf jaar vir plaaslike melkboere.
Dit kom nadat die Suiwelprodusentevereniging (SPV) tydens hul jaarvergadering in Julie 2022 'n ernstige beroep op Namibia Dairies gedoen het vir 'n verhoging, om te verhoed dat meer produsente die bedryf verlaat.
Produksie is op 'n laagtepunt, met net nege produsente wat oor is, het die Namibië Landbou-unie (NLU) in sy jongste nuusbrief gesê.
“Produsente is dankbaar vir die prysverhoging, maar die druk is hoog om winsgewend te wees, met insetkoste wat skerp toegeneem het. Hiervan is voer die ergste, wat 80% van suiwelprodusente se produksiekoste uitmaak.
“Terwyl ekonomiese omstandighede wêreldwyd onder druk is, is dit van kardinale belang om die bedryf te beskerm. Daarom is die afwagting groot dat wetgewing afgekondig moet word vir die beskerming van die bedryf,” het die NLU gesê.
Produsente se prys wat hulle per liter melk betaal word, het sedert Junie 2017 onveranderd gebly, terwyl die prys van voer en ander insetkoste deurlopend styg. Namibia Dairies het ook reeds oor die tydperk verskeie maatreëls toegepas om koste te bespaar, wat salarisverlagings ingesluit het.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie