Agribusdev-personeel val in by landbouministerie
Sowat 285 werknemers by die land se groenskemas sal in diens geneem word deur diensverskaffers wat dié projekte sal oorneem, het die minister gesê.
Ellanie Smit - Minstens 32 voormalige werknemers van die nou ontbinde landbousake-ontwikkelingsagentskap (Agribusdev), word tans by die landbouministerie geïntegreer.
Calle Schlettwein, die minister van landbou, water en grondhervorming, het gesê die integrasieproses het verlede jaar begin en is steeds aan die gang.
’Op die oomblik tree die werknemers wat die ministerie ingeneem het op as ’n ondersteuningspan vir die direkteur van landbouproduksie, uitbreiding en ingenieursdienste,’ het hy in reaksie op vrae in die Nasionale Vergadering gesê.
Schlettwein het verduidelik dit is ’n tussentydse reëling terwyl die skuifproses afgehandel word, en bygevoeg die ministerie het ruimte in die begroting gelaat om vir hul salarisse voorsiening te maak aangesien hulle “nie kan bekostig om hulle die strate in te stuur nie”.
Alle personeellede van landboukundige en ingenieursdienste sal ook geïntegreer word, het hy gesê.
GROENSKEMAS
Volgens die minister sal sowat 285 werknemers by die land se groenskemas in diens geneem word deur inkomende diensverskaffers wat hierdie projekte sal oorneem.
Intussen is die status van stukkende implemente en toerusting op groenskemaplase wat aanvanklik onder Agribusdev se bestuur en toesig geval het, ook verbeter.
Dit danksy ’n begrotingstoewysing van N$40 miljoen tydens die hersiening van die mediumtermyn-bestedingsraamwerk, het hy gesê.
Hy het bygevoeg die ministerie het, ná die kabinet se besluit om Agribusdev te ontbind, fondse gemobiliseer om vyf groenskemas – Sikongo, Etunda, Shadikongoro, Vhungu-Vungu en Ndonga Linena – onder produksie te plaas.
Altesaam 776 hektaar is onder besproeiing en gemiddeld 7 000 ton witmielies sal na verwagting uit hierdie groenskemas gestroop word.
“Dit sal verlede jaar se mielieoes uit die Musese, Mashare en Shitemo-groenskemas verdubbel.”
Schlettwein het gesê as alles volgens plan verloop, sal die verwagte totale oes van 14 000 ton mielies – wat klein- en mediumskaalse boere uitsluit – die kapasiteit van die nasionale strategiese voedselreserwefasiliteite, wat tans op 11 000 ton staan, oorskry.
NAMIBIëRS EERSTE
Schlettwein het bygevoeg dat die ministerie ’n uitnodiging rig aan belangstellendes van sowel buitelandse as binnelandse beleggers vir die land se groenskemas, maar eerste prioriteit sal gegee word aan entiteite in Namibiese besit.
“In die afwesigheid van volle eienaarskap kan maatskappye waarin Namibiese eienaarskap 51% verteenwoordig, oorweeg word.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie