Anna-Nora se resep vir sukses
In weerwil van die ernstige droogtetoestande wat Namibië tans teister, kon ‘n boer van die Uupili-nedersetting in Ohangwena weer daarin slaag om meer as genoeg van haar mahangu-land te oes. Anna-Nora Lameck (67), ‘n voormalige Namdeb-werknemer, boer al vir meer as ‘n dekade suksesvol op haar stuk grond waar sy sedert 1992 bly.
Terwyl ander boere mahangu met die hulp van ‘n masjien dors, verkies Anna-Nora om dit op die tradisionele manier te doen en waartydens die oes verwerk word deur dit met stokke te slaan.
Elke jaar betaal sy jong mans uit die gemeenskap om haar te kom help.
“Die masjien is vinniger, maar dit kan jou korrels beskadig. Die mans wat die oeste dors, word daarvoor betaal en kan met die geld vir hul families kos koop of in ander behoeftes voorsien. Ek glo daarin om die mense in my gemeenskap te bemagtig,” sê Anna-Nora.
Hoewel sy vanjaar nie haar gewone rekordoes gehad het nie, het sy nietemin daarin geslaag om tonne mahangu van haar landerye af te haal.
Op die vraag hoe sy dit regkry om elke jaar ten spyte van ongunstige weerstoestande suksesvolle oeste te hê, sê Anna-Nora sy trek voordeel uit die reën.
“Wanneer die eerste reëns kom, begin ek dadelik op my grond werk. Dit is ‘n fout wat die meeste boere maak, hulle wag vir die goeie reëns wat tyd kan neem.”
“Daar kom ook ‘n tyd wanneer die reën gestop het, maar ek gee steeds nie moed op nie. Solank as wat die grond nat is, sal ek iets doen, dit is so maklik soos dit. Die reën is onvoorspelbaar en daarom moet jy daardie risiko’s vat, vir jare was ek gelukkig genoeg om suksesvol te wees.”
Anna-Nora verkoop haar produkte aan plaaslike inwoners en die regering deur die Landboubemarkings- en Handelsagentskap (Amta).
Dit maak haar gelukkig om die nasie te kan voed, erken sy.
“Wanneer ek sien mense kry sakke mahangu as droogtehulp, glimlag ek trots want ek weet dit is mahangu van my grond wat in daardie sakke is,” sê Anna-Nora trots.
Dit ontstel haar as sy tydens die reënseisoen sien mense in haar gemeenskap werk nie op hul landerye nie.
Hoewel die droogtehulpprogram nodig is, voel sy dit dra gedeeltelik by tot luiheid onder lede van die gemeenskap wat van skenkings wil leef.
“Droogtehulp is nodig wanneer die land ‘n situasie soos vanjaar in die gesig staar. As mense by cuca-winkels is wanneer hulle hul grond moet bewerk, maar hulle word oorweeg vir droogtehulp, want daar was ander wat dit gedoen het en dit nie gemaak het nie, is dit volgens my nie die beste manier om die situasie te hanteer nie.”
Anna-Nora het beklemtoon landbou is die belangrikste sektor in die land en word dit goed bestuur, hoef mense nie honger te gaan slaap nie.
“Dit is ‘n belangrike sektor, dit raak ons almal. Hoe meer ons kos invoer, hoe meer geld vloei uit ons land en help die landbousektore in daardie lande bou. As ons ons eie kos produseer, hou ons die geld in ons land en ontwikkel ons die landbousektor.”
Buiten vir mahangu, boer Anna-Nora ook met pluimvee en lewende hawe soos koeie, bokke, skape en varke. Sy het ‘n verskeidenheid hoenderrasse waarvan baie raar in die noordelike gedeeltes van die land is. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie