Anne-Nora verwag 'n goeie oes
Mahangu reeds kniehoogte
Voor haar aftrede was sy 'n kommunikasiebeampte by Namdeb en het verkies om voltydse boer te word en tot die ekonomie by te dra.
Met haar mahangu wat reeds kniehoogte staan, is Anne-Nora Lameck van die Oupili-nedersetting in
Ohangwena positief dat sy dié seisoen ‘n baie goeie oes van haar lande sal kan afhaal.
Terwyl sy saam met haar familie en bure onkruid onder die bloedige son uittrek, het Anne-Nora oor die naweek ‘n paar van haar tegnieke met Netwerk Media Hub (NMH) gedeel om te verseker dat sy ‘n goeie oes kry.
Die grootste bydraende faktor is goeie neerslae en die feit dat sy tradisionele metodes gebruik, sê Anne-Nora.
Haar landerye wat tien hektaar beslaan, word nie met trekkers geploeg nie en sy verkies om osse te gebruik omdat die lemme die kompos diep onder die grond bêre wat tot swakker oeste lei.
Anne-Nora gebruik ook nie gewysigde sade nie, maar hou by tradisionele sade. Van haar bure se landerye het nog braak gelê en volgens Anne-Nora is dit omdat hulle vir goeie reëns wag voordat hulle begin ploeg. Sy het egter reeds op 12 November verlede jaar begin ploeg toe die eerste buie uitgesak het.
“Ek stel nie uit nie. Toe ons die eerste reënval kry, het ek begin ploeg. Hoewel dit ‘n risiko was, het dit gewerk en is dit waarom ons reeds begin onkruid uittrek,” het sy verduidelik.
Sou goeie neerslae in die volgende paar maande oor die gebied uitsak, verwag Anne-Nora ‘n reuse-oes.
“Dit sal waarskynlik die beste een wees in vergelyking met die ander oor die jaar.”
Anne-Nora is een van die boere in die land wat hul oeste deur die Landboubemarkings- en Handelsagentskap (Amta) aan die regering verkoop.
Trots
Sy was eers ‘n kommunikasiebeampte by Namdeb voordat sy afgetree het en terwyl ander verkies om by die huis te bly en hul pensioen te geniet, wou sy ‘n voltydse boer word en tot die ekonomie bydra.
Die wete dat haar oes gebruik word om die regering se droogtehupprogram te ondersteun, maak haar trots.
“Dit is ‘n trotse gevoel om te weet my harde werk voed die nasie,” sê Anne-Nora.
Harde werk
Sy het boere aangemoedig om hard te werk en beklemtoon dit gaan nie oor die grootte van die grond nie, maar dit wat jy insit om die beste moontlike oes te verseker.
“Dit gaan nie oor hoe groot jou mahangu-veld is nie. Jy kan ‘n groot landery het of selfs net ‘n hektaar. Jy moet hard werk en jy sal genoeg kos vir jou en jou familie hê,” het sy gesê.
Anne-Nora het ‘n beroep op boere gedoen wat nog nie geploeg het nie om nie verder uit te stel nie.
Buiten vir akkerbou het sy nou ook haar hand gewaag aan pluimvee en ander lewende hawe. Sy het ‘n verskeidenheid hoenderrasse waarvan baie skaars is in die noordelike dele van die land en boer ook met koeie, skape, bokke en varke met die hoop om haar boerdery verder uit te brei. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie