Aranos-meisie slaan slag in afslaerskursus
Verkies ‘n buitelewe, eerder as kantoor
Annette Steyn sê nadat sy moes hoor die afslaerwêreld is nie vir ʼn vrou bedoel nie, was dit lekker om mense verkeerd te bewys.
“Al wat ek wil sê, as jou drome jou nie bangmaak en tot slapelose nagte dryf nie, is dit nie groot genoeg nie.”
Só gesels die 19-jarige Annette Steyn van Aranos, wat onlangs die eerste Namibiese vrou geword het om ‘n afslaerskursus by die Suid-Afrikaanse Kollege vir Afslaers (Saca) af te lê.
Boonop was sy ook die jongste vrou ooit om die kursus suksesvol te voltooi en daarby ʼn goue sertifikaat te ontvang.
Sy het pas, as ʼn splinternuwe afslaer, van Johannesburg teruggekeer, waar sy verlede week haar opleiding ontvang het.
“Die Sondag voor die kursus begin het, het ek vir my ma gesê: ‘Mamma, ek dink ek het ʼn fout gemaak.’
“Toe begin ek in myself twyfel, want ek is glad nie goed daarmee om voor mense te praat nie – my kop slaan toe, my tong knoop.
“Toe sê sy dit is nou te laat, ek moet nou maar deurdruk.
“Ek het myself verbaas,” vertel sy.
Annette sê tydens die kursus moes sy ook ʼn paar seksistiese opmerkings die hoof bied, soos onder meer dat afslaerswerk nie vir vrouens is nie en sy dalk eerder ʼn onderwyser moes word.
“Dit is egter lekker om mense verkeerd te kan bewys,” sê sy.
VEEVEILINGS
Die feit dat sy met diere kan werk, asook ʼn bietjie met mense en nooit in ʼn kantoor hoef te sit nie, was vir haar die grootste trekpleister van die beroep.
“Ek is nie ʼn kantoormens nie, ek wil tussen diere wees, ek wil buite en in die natuur wees,” sê Annette.
Sy sê haar mikpunt is om eendag by Agra as ʼn afslaer te kan werk. Sy wil graag ʼn afslaer by veeveilings wees.
“Jy kry verskillende kategorieë en jy kan in een of in almal spesialiseer,” verduidelik sy.
“My passie lê by diere,” sê sy.
Annette sê daar bestaan ook afslaer-kategorieë soos onder meer pluimvee, losgoed, vee, huise, plase en karre.
Sy sê haar keuse het te doen met die feit dat sy op ʼn plaas grootgeword het. “My liefde lê nog altyd by diere.”
Annette sê sy wou aanvanklik ʼn veearts geword het, maar verlede jaar tydens haar rekord-eksamen, het sy saam met haar pa na ʼn veiling op Koës gegaan.
“Daar het ek vir oom Deon Klopper gesien. Ek het besef dit is wat ek wil doen,” sê sy.
Sy werk op die oomblik op hul familieplaas, Aandster, vir haar pa, Pieter.
“Ek het nou my kursus voltooi en ek wil minstens ʼn paar veilings doen sodat ek in oefening bly, want ʼn mens kan dit verleer.”
KURSUS
Annette sê die afslaerkursus is ʼn baie praktiese, maar intense kursus.
Tydens die opleiding moes hulle ʼn klomp rympies en getalle kon opsê. Hulle het ook bykans 200 items tydens hul kursus opgeveil – wat net sowat vier dae lank was.
Sommige daarvan was net oefensessies, maar hulle moes reeds teen die einde van die tweede dag hul eerste werklike losgoedveiling hanteer. Hulle het ook in ʼn kroeg onder meer wyne en kristalglase vir liefdadigheid opgeveil.
Sy sê ʼn afslaer begin met opwarming – hulle moet rympies van voor na agter en agter na voor sê. “Jy moet ook jou produk ken en ook weet wat die waarde daarvan is. Jy moet duidelik praat en jou voorkoms is belangrik.” – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie