Attie Nel 2022 se Mieliekoning
Geloof, kennis en ‘n gesin wat sáámwerk, dit is enkele bestanddele in die wenresep wat vanjaar aan Attie Nel die titel van 2022 se Oeskoning besorg het.
Hy is die afgelope Saterdag deur die Grootfontein Boerevereniging as die Oeskoning aangewys is – terselfdertyd is die 50ste Oesfees ook gevier.
Nel het tydens die geleentheid genoem dat vanjaar boonop ‘n rekord-oesjaar vir Namibiese akkerbouers is, met ‘n nasionale oesverwagting vir mielies wat nou selfs 110 000 ton oorskry.
Dit is maar slegs die tweede jaar wat die Abenab-akkerbouer, wat op die plaas Algier sowat 20 km buite Tsumeb boer, ernstig mielies geplant het.
Hy sê sy seun, Adriaan, het dadelik, nadat hy sy “pen neergesit het ná sy matriekeksamen verlede jaar November”, kom help ploeg en plant, terwyl selfs sy dogter, Adri, ook gehelp het. Nel het ook gesê sonder sy vrou, Jolene, se bemoediging, asook die hulp van veteraan-akkerbouers soos Gerhard Engelbrecht, sou hy nie soveel sukses kon behaal nie. Nel het altesaam sowat 160 ha mielies geplant.
Saam met hom op die foto is verlede jaar se Oeskoning, Mavuto Mwanza van die plaas De Rust naby Grootfontein.
FOTO ELVIRA HATTINGH

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie