Bemagtig vroue in landbou vir voedselsekuriteit
Ministerie help deur verskeie programme
Vroulike landbouprodusente in Afrika rugsteun landbouproduksie asook voedselsekuriteit.
“Vroue in Namibië staan sentraal tot alle aspekte van landbou asook die gemeenskapsaktiwiteite buite plaasgrense.
“Hul pogings word egter beperk deur ‘n gebrek aan toegang tot produktiewe hulpbronne, tegnologie, dienste en marktoegang. Daarom sal beleggings in vroue groei in landbou meebring, terwyl dit ook kwessies soos voedselsekuriteit en selfvoorsienendheid in terme van voedsel sal meebring.”
So het me. Ndiyakupi Nghituwamata, uitvoerende direkteur van landbou, water en grondhervorming, tydens die Vroue en Landbou-konferensie op 22 September in die hoofstad gesê.
Sy sê vroulike landbouprodusente in Afrika rugsteun landbouproduksie en voedselsekuriteit.
PROGRAMME
Sy sê die ministerie het reeds verskeie programme van stapel gestuur om vroue te bemagtig, met die oortuiging dat bemagtigde vroueboere hul inkomste kan verbeter, wat ‘n stabiele landelike bestaansruimte kan skep en kan bydra tot voedselsekuriteit.
Dit sluit in programme soos die ministerie se droëland-gewasproduksieprogram, die ondersteunings- en waardeketting-ontwikkelingsprogram vir tuinbou asook die projek vir die ontwikkeling van kleinvee en verspreiding daarvan in kommunale gebiede.
Deur die gewasproduksieprogram is bykans 45 000 boere, waarvan 50% vroue was, in die 2021–’22-gewasseisoen gehelp met landbou-insette en gemeganiseerde dienste.
“Die program ondersteun klein- tot mediumskaal gewasboere met gesubsidieerde landbou-insette . . . Dit bied aan vroue toegang tot landbou-insette, ploeg- asook skoffeldienste,” het sy gesê.
Tydens die 2021–’22-seisoen het altesaam 771 tuinbouprodusente, waarvan 50% vroue was, voordeel getrek uit die tuinbouprogram in die vorm van insette, gemeganiseerde dienste en die subsidie van besproeiingstoerusting.
“Die program het ‘n begroting van N$6 miljoen ontvang vir subsidies in die 2022–’23-boekjaar. Deur die program het vroue toegang tot landbou-insette soos groentesaad, plaagdoders, kunsmis en besproeiingstelsels.
Sy het verduidelik dat daar reeds 492 boere deur die ministerie se kleinveeprojek gehelp is, waarvan 207 vroue was. In die program word kwesbare huisgesinne geïdentifiseer, wat dan twintig bokooie en ‘n ram ontvang, terwyl daar ook krale vir hul gebou word en hulle van toerusting, asook medisyne vir die diere voorsien word.
Nghituwamata het gesê die ministerie en finansiële instansies prioritiseer ondersteuning aan vroueboere en die jeug deur die ontwikkeling van bevorderlike beleide, befondsing en programme wat geslagsensitief is.
Dit is om geleenthede te skep om in tegnologie te belê, wat landelike vroue kan ondersteun.
Nghituwamata het verder gesê toegang tot grond of die eienaarskap daarvan, is ‘n baie belangrike bate wat vroue in landbou dikwels kortkom.
“Daarom het die ministerie ‘n grondhervormingsbeleid ontwikkel en aangeneem wat toegang en gelykheid in terme hiervan verseker. Dit laat vroue toe om grond te besit, net soos mans,” het sy gesê.
Sy het tydens die geleentheid genoem dat vroue ook deur klimaatsverandering, die nagevolge van die Covid-19 pandemie asook die konflik tussen Rusland en Oekraïne geraak word. [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie