DROP: Cattle exports fell by 24.3%, driven by a 26.8% decrease in exports to South Africa in August this year. Photo: FILE
DROP: Cattle exports fell by 24.3%, driven by a 26.8% decrease in exports to South Africa in August this year. Photo: FILE

Bemarking van beeste neem af

Uitvoer van lam- en skaapvleis daal
Die totale jaar-tot-datum totaal staan op 278 195 beeste wat in 2024 bemark is, vergeleke met 210 807 wat gedurende dieselfde tydperk in 2023 bemark is.
Ellanie Smit
Die lewendehawe-sektor het in Augustus vanjaar jaar-tot-jaar afnames in alle groot subsektore buiten vir die varkbedryf gesien.

Beesbedryf

Die Lewendehawe- en Lewendehaweprodukraad (LLPB) sê dat algehele beesbemarking vir die eerste keer vanjaar 'n afname beleef het as gevolg van verminderde aktiwiteit by beide uitvoergoedgekeurde en plaaslike abattoirs, sowel as in lewende uitvoere.

Die totale jaar-tot-datum totaal staan op 278 195 beeste wat in 2024 bemark is, vergeleke met 210 807 wat gedurende dieselfde tydperk in 2023 bemark is.

Die LLPB het gesê dat beesuitvoere ook met 24,3% gedaal het, aangedryf deur 'n afname van 26,8% in uitvoere na Suid-Afrika in Augustus vanjaar.

Skaapbedryf

Die skaapbedryf het gedurende die oorsigtydperk ook 'n afname in bemarkingsgetalle aangeteken. Altesaam 48 232 skape is gedurende Augustus vanjaar bemark, wat 26,5% laer is as die 65 651 skape wat gedurende 2023 bemark is.

Volgens die LLPB het die jaar-jaar-tot-datum bemarkingstotaal teen einde Augustus vanjaar op 647 741 gestaan.

“Slagaktiwiteite by beide uitvoergoedgekeurde en plaaslike abattoirs het gedurende Augustus 2024 gedaal en het ’n gesamentlike afname van 54,2% aangeteken.”

Volgens die raad het die vraag na plaaslike lewende skape deur die Suid-Afrikaanse mark gedurende Augustus 2024 met 18,7% verswak. Lamprodusentepryse het gedurende Augustus 2024 relatief stabiel gebly en was gemiddeld N$33,41/kg in vergelyking met N$32,87/kg wat produsente in die vergelykbare tydperk van 2023 ontvang het.

Die uitvoer van lam- en skaapvleis het op 'n jaargrondslag gedurende Augustus vanjaar met 17,3% afgeneem in vergelyking met dieselfde tydperk verlede jaar.

“Die verminderde deurset wat by abattoirs aangeteken is, het gelei tot 'n daling in lam- en skaapvleisuitvoer met slegs 49 373 kg wat in die vorm van karkasse, snitte en lamsspek na Botswana uitgevoer is.”

Bokbedryf

Ook binne dié bedryf is ‘n afname jaar-tot-jaar aangeteken, met 13 825 bokke wat gedurende Augustus vanjaar bemark is.

Die LLPB het gesê dat die jaar-tot-datum bemarking teen einde Augustus vanjaar altesaam 90 870 bokke was, wat 'n afname van 0,9% is.

Varkbedryf

Volgens die raad het die varkslagting vir die tydperk onder oorsig 4 171 varke beloop, 'n 13,2%-groei in vergelyking met 'n slaghoeveelheid van 3 686 varke gedurende dieselfde tydperk in 2023. Altesaam 724 174 kg varkvleis, hoofsaaklik in die vorm van afval, verwerkte en vars varkvleis is gedurende Augustus vanjaar ingevoer om plaaslike produksie aan te vul.

Van die ingevoerde varkvleis was 65,2% van Duitsland afkomstig, gevolg deur Suid-Afrika, Spanje en België met 'n markaandeel van onderskeidelik 20,5%, 8,1% en 3,6%.

Die oorblywende 2,6% is afkomstig van Botswana, China en ander Europese lande.

Die LLPB sê hoewel invoer dominant in die mark is, help die vark markaandeelbevorderingskema, plaaslike produsente om ‘n beduidende markaandeel te handhaaf. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-10-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

European Championships Qualifying: Bristol City 0 vs 0 Sheffield Wednesday | Stoke City 6 vs 1 Portsmouth | Sheffield United 1 vs 0 Swansea City | Preston North End 3 vs 0 Watford | West Bromwich Albion 0 vs 1 Middlesbrough | Sunderland 2 vs 0 Derby County | Queens Park Rangers 1 vs 3 Hull City | Norwich City 1 vs 1 Leeds United | Luton Town 2 vs 2 Oxford United | Coventry City 3 vs 0 Blackburn Rovers | Cardiff City 1 vs 0 Millwall FC | Burnley 1 vs 0 Plymouth Argyle English Championship: Bristol City 0 vs 0 Sheffield Wednesday | Stoke City 6 vs 1 Portsmouth | Sheffield United 1 vs 0 Swansea City | Preston North End 3 vs 0 Watford | West Bromwich Albion 0 vs 1 Middlesbrough | Sunderland 2 vs 0 Derby County | Queens Park Rangers 1 vs 3 Hull City | Norwich City 1 vs 1 Leeds United | Luton Town 2 vs 2 Oxford United | Coventry City 3 vs 0 Blackburn Rovers | Cardiff City 1 vs 0 Millwall FC | Burnley 1 vs 0 Plymouth Argyle #N/A Currency: GBP to NAD 22.88 | EUR to NAD 19.21 | CNY to NAD 2.5 | USD to NAD 17.53 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.66 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.19 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.76 | USD to AOA 910 | USD to BWP 13.21 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 128.5 | USD to NGN 1657.11 | USD to ZAR 17.54 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1869.13 Down -1.42% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14154.97 Up +0.93% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31720.5 Up +1.24% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 648.89/OZ DOWN -0.0026 | Copper US$ 4.58/lb UP +1.23% | Zinc US$ 3 201.50/T UP 2.54% | Brent Crude Oil US$ 78.73/BBP UP +0.31% | Platinum US$ 992.81/OZ UP +0.05% #N/A