Boere kry 'voetwerk' reg vir stryd om akwifer
Minister óók gekant teen mynbedrywighede
Die uraanmynbou in die Stampriet-akwifer was 'n warm onderwerp tydens die NLU-kongres en groter steun hierteen is gevra.
Terwyl die minister van landbou, water en grondhervorming toegejuig is toe hy by die afgelope Landbouvooruitskouingskonferensie standpunt ingeneem het teen eksplorasie-aktiwiteite vir uraan in die Stampriet-akwifer, meen landbouprodusente dis tyd om self ook hul aanslag te verskerp.
Tydens Namibië Landbou-unie (NLU) se kongres 'n dag later in Windhoek het boere ‘n beroep op groter steun teen die werk van Headspring Investments Namibia, ‘n filiaalmaatskappy van die Russiese staatskernkragkorporasie, Rosatom, gedoen.
Nie net is daar gevra dat boereverenigings en instansies in beide Namibië en in buurlande hulself as geraakte en geïnteresseerde partye registreer nie, maar ook finansiële steun moet bied aan die nuutgestigde Vereniging vir Uraanmynbou in die Stampriet-akwifer (Sauma).
Dit is om die voetwerk reg te kry sou die “hele ding grondwetlik getoets moet word”, het mnr. Jako van Wyk gesê.
“Ons staan op teen ‘n baie groot instansie met baie geld. Die eerste ding waarmee julle kan help is om te registreer as ‘n geïnteresseerde of geraakte party,” het hy gesê.
“Ons het tot die slotsom gekom dat ons op alle moontlike gebeure voorbereid moet wees. As daar môre nog ‘n eksplorasie-boorgat geboor word, hoe gaan ons dit stop?
“Ons moet die middele hê om byvoorbeeld ‘n interdik daarteen te kry. Om dit finaal te stop, sal ons waarskynlik die grondwet van die land moet toets – iets wat ‘n baie duur proses sal wees,” het nog ‘n NLU-lid gesê.
STEUN AAN RUSSE
Van Wyk het gesê na hul mening verloop die proses vir die eksplorasiewerk nie volgens wet nie en is hulle bekommerd oor die ongekende steun binne die regering vir die Russe se mynbouplanne in die akwifer.
Dit volg nadat slegs die landbouministerie reageer het op ‘n onlangse klagskrif met duisende handtekeninge daarop téén die werk van Headspring Investments Namibia, ‘n filiaalmaatskappy van die Russiese staatskernkragkorporasie, Rosatom, in die Stampriet- artesiese kom, wat dié akwifer huisves.
Hy sê hoewel regstappe nie noodwendig Sauma se volgende stap is nie, glo die vereniging nie die Russe sal hulle sommer net deur ‘n klagskrif met handtekeninge op laat stop nie.
NLU-lede het verwys na ‘n poging om uraan in die Karoo te ontgin, wat boere agt jaar gelede met behulp van ‘n hofsaak suksesvol kon stop.
Schlettwein het verlede Woensdag op die Landbouvooruitskouiingskonferensie gesê sy ministerie se standpunt is dat geen skadelike mynbedrywighede in akwifers mag plaasvind nie – dit sluit in eksplorasie, boorwerk en in-situ loging. Hy het bygevoeg dat dit sy ministerie se mandaat is om waterbronne, soos die Stampriet-akwifer, te bewaar.
Die akwifer verskaf water aan gemeenskappe in die Omaheke- en Hardapstreek, asook in Botswana en Suid-Afrika.
Tydens sy presidentsrede het die NLU se mnr. Piet Gouws gesê Schletwein geniet die unie se volle steun in sy pogings om die eksporasie-aktiwiteite in die Stampriet-akwifer op te skort. [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie